KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Braai en Bykosse

Geroosterde Patat met ClemenGold en Dukkah

  

Geroosterde Patat met ClemenGold, Labneh en Dukkah


Bestanddele

Labneh

• 500g volroom jogurt

• 1.25ml sout

• fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

- Geur 500 g Griekse jogurt met sout.en gerasperde skil.
Gooi die jogurt in ’n moeselien doek, bring al die punte van die doek saam en bind dit vas met tou. Jy kan nou die tou sommer aan ’n houtlepel vasbind, sodat jy die doek oor ’n glasbak kan hang. Laat dit so hang in jou yskas vir so 12 – 24 uur.


Pampoen

• 1 Botterskorsie in wiggies gesny

• 2 rooi-uie in wiggies gesny

• 4 knoffelhuisies geskil opgekap

• 2 ClemenGold in wiele gesny

• 3 – 4 tiemie takkies

• So 10 salie blaartjies

• 60ml Olyfolie

• Sout en peper

- Pak die bestanddele uit op ‘n bakplaat en sprinkel die olyfolie oor, geur met sout en peper.

- Bak in die oond teen 190°C vir so 35 minute


Slaaisous

• 125ml olyfolie 

• 2 ClemenGold

• Fyngerasperde skil van 1 ClemenGold

• 15ml growwe mosterd

• 15ml Dijon mosterd

• 15ml Heuning

- Meng alles goed saam.


Dukkah 

• 250ml pampoenpitte

• 125ml amanders

• 1 Eetlepel koriander – effens fyngekap

• 2 eetlepels sesamsaad

• 1 Eetlepel fyn komyn

• 1 Eetlepel gerookte paprika

• 2 teelepels kaneel


 Rooster al die besstanddele in 'n warm pan en maak fyn in die voedselverwerker

 

Bedien deur die pampoen bo-op die labneh te pak en dan te garneer met Dukkah en slaaisous.
 

Braai en bykosse

Marokaanse Beet met granaat en pistasieneute

  

Bestanddele

• So 1kg vars beet, gesny in 2cm blokkies

• 2 Eetlepels olyfolie

• 1 Eetlepel balsamoiese asyn

• 1 teelepel komynsaadjies

• 1 teelepel vinkelsaadjies

• 1 teelepel sout

• ½ telepel vars gemaalde swartpeper.


Balsamiese-reduksie

• ½ koppie Balsamiese-asyn

• 1 eetlepel esdoringstroop 


Garnering

• ½ koppie vars granaatpitte

• ¼ koppie pistasieneute – opgekap

• 1 Eetlepel fyngerasperde lemoenskil

• Vars kruisement of vars koljander


Metode

• Voorberhit die oond dop 220°C

• Gooi die blokkies beet in ‘n bak en meng die olie, asyn, komyn, vinkel, sout en peper baie goed deur die beet.

• Bak die beet op ‘n bakplaat vir so 40 minute – loer en roer maar gereeld sodat dit nie brand nie.

• Maak die balsamiese reduksie deur die stroop en die asyn saam te kook oor matige hitte vir so 20 minute

• Sodra die beet gaar is kan jy dit in ‘n mooi slaaibak sit en die reduksie oorgooi en garneer met die granaarpitte en vars kruie.

braai en bykosse

Gebakte Blomkool met feta-jogurt

  

Bestanddele


Blomkool:

• 1 Blomkool

• ½ teelepel saffraan

• 1 teelepel sout

• 1 teelepel borrie

• 2 Loerierblare

• 1 – 2 knoffelhuisies

• 2 Eetlepels olyfolie


Feta-jogurt

• 140g  feta

• ½ koppie griekse jogurt

• 1 knoffelhuisie – fyn gerasper

• 1 suurlemoen se skil fyngerasper

• 2 Teelepels suurlemoensap

• ½ teelepel varsgemaalde swartpeper

• 1 Eetlepel olyfolie


Granaat-sous

• 2 Eetlepels esdoringstroop

• 2 Eetlepels granaat melasse 

• 1 Eetlepel olyfolie 

Bedien met vars granaatpitte en vars kruisement


Metode 

1. Voorverhit die oond op 220°C, en voer ‘n bakplaat uit met foelie.

2. Plaas die saffraan in ‘n klein bakkie en gooi so 3 eetlepel warm oor en laat staan eenkant tot jy dit nodig het.

3. Neem ‘n pot wat diep genoeg is vir die hele blomkool en maak dit vol met water. Voeg nou die sout, borrie, saffraan-water, lourierblare en opgekapte knoffel by die water. Laat die water kook en plaas die blomkool in die pot. Laat dit prut vir so 10 – 15 minute.

4. Intussen kan jy die feta-room maak; voeg die feta, griekse-jogurt, knoffe;, suurlemoenskil, suurlemoensap en swartpeper in’n voedselveerwerker. Verwerk tot glad en romerig. Hou dit eenkant.

5. Sodra die blomkool reg is kan jy dit uit die vloeistof haal. Dreineer al die vloeistof uit die blomkool en plaas dit op die bakplaat. Sprinkel die olyfolie bo-oor die blomkool en bak in die oond vir so 40 minute.

6. Sodra die blomkool mooi goudbruin is kan jy dit uit die oond haal.

7. Skep die feta op ‘n mooi opdien bord en sit die blomkool bo-op.

8. Vir die granaat-sous; meng al die bestanddele baie goed saam. Skep dit bo-op die blomkool.

9. Garneer nou die blomkool met die vars granaatpitte en vars kruisement.


Ek het ook ‘n resep vir die granaat-melasse wat jy sommer self kan maak want dit is nie oral te koop nie.

Braai en Bykosse

Sriracha Baba-aartappeltjies

Bestanddele

•  600-700g Baba-aartappeltjies in die helfde gesny

• 1 - 2 eetlepels Olie

• 1- 2 roosmaryntakkies

• 1 teelepel knoffelsout

• 1 teelepel paprika

• 1 - 2 eetlepels Sriracha spesery

• Vars gesnipperde sprietuie. 


Metode 

1. Sit die aartappels in 'n groot bak en gooi die olie oor die aartappels en meng goed deur.

2. Meng nou die speserye deur die aartappel en voorverhit die lugbraaier vir so 3 minute op 200°C.

3. Lugbraai die aartappels vir si 18 - 20 minute tot die aartappels gaar is.

Braai en Bykosse

Geroosterde Botterskorsie met dennepitte en jogurt

Bestanddele

Vir die Pampoen:

• 500g - 1kg Botterskorsie ontpit en in blokkies gesny

• 2 Eetlepels olyfolie

• 1 Knoffelhuisie - fun gerasper

• sout en peper na smaak 


Vir die suurlemoen-jogurt:

• 1 koppie Griekse jogurt

• 2 teelepls knoffelsout

• 1 Eetlepel suurlemoensap

•  1 Eetlepel olyfolie

• Sout en peper

• 'n paar snippertjies grasuie (chives)


• Geroosterde dennepitte


Metode

Geroosterde Pampoen

1. Voorverhit die ond op 220°C. Voer 'n pakplaat uit met bakpapieer

2. Plaas die pampoen in 'n bak en voeg die knoffel, sout en peper en olyfolie by. Meng goed deur.

3. Versprei oor die bakplaat en bak vir so 20 - 30 minute tot goudbruin. Draai maar so bietjie om om alle kante bruin te kry. Moet laat dit "pap" word nie.


Suurlemoen-jogurt

1. Meng al die bestanddele saam en laat dit vir so  minute staan sodat die geure kan meng.


Dennepitte 

 1. Braai die dennepitte in 'n droë pan tot goudbruin en hou eenkant. pasop dit brand maklik!


Bedien die pampoen met die jogurt en sprinkel die dennepitte bo-oor. Ek het so bietjie sumac oorgesprinkel, dit is opsioneel .

Braai en Bykosse

Bombay aartappelgereg

Bestanddele

• 500g baba-aartappeltjies 

• 3 Eetlepels olie

• 1 teelepel geel mostertsaadjies

• 1 teelepel vinkelsaadjies

• 1 teelepel borrie

• 1 teelepel rissiepoeier

• 1 teelepel paprika

• 125g kersie tamaties in die helfde gesny

• 1 rooi rissie - opgesny (met of sonder die saadjies)

• handvol vars koriander opgesny

• sout en peper na smaak


Metode 

  1. Kook die aartappeltjies vir 20 minute totdat dit sag is.
  2. Dreineer die aartappeltjies en sy dit in die helfde.
  3. Verhit die olie in 'n pan en braai die mosterd- en die fennelsaad tot dit verbruin - so 2 minute.
  4. Roer die borrie, rissiepoeier, paprika  tamaties en aartappels by en braai vir so 4-5 minute terwyl jy dit roer sodat die aartappels lekker meng met al die geure.
  5. Verwyder van die hitte en garneer met die rissie en die vars koljander. 
  6. Geur met sout en peper.

BYKOSSE

Aartappelslaai a-la-Pamela

Bestanddele

6 groot Aartappels geskil en in blokkies gesny - omtrent so 2.5cm

sout

3 eier 

1 Ui - baie fyn gesny

500ml Mayonnaise

½ koppie vars pietersielie

sout en peper


Metode

  • Plaas die aartappels in 'n groot kastrol en bedek met water. Geur die water met sout en sit die eiers bo-op die aartappels sodat dit saam kan kook.
  • Kook die aartappels tot dit begin sag word, maar dit moenie oorgaar wees nie. 
  •  Skep die Eiers met 'n lepel uit en hou eenkant om af te koel.
  • Gooi die aartappels deur 'n vergieter en sit die uie in die warm pot.
  • Gooi die warm  aartappels dadelik terug in die pot bo-op die uie.
  • Gooi nou die mayonnaise op die warm aartappel en vou dit versigtig deur.
  • Laat die slaai afkoel en sodra die eiers koud geword het kan jy dit afdop, opsny en by die slaai inwerk.
  •  Strooi dan die Pietersielie oor. Sout en peper na smaak.


BYKOSSE

Mieliemeel-tert

Bestanddele

60 ml Koekmeel 

90 ml Mieliemeel (ek was gelukkig om geel meel te kry)

5 ml Paprika

15 ml Bakpoeier

knippie sout

60ml Suiker

4 Eiers geklits

1 Blikkie gewone mielies

1 Blikkie room mielies

60 ml Botter, gesmelt

2 Koppies kaas


Metode

  • Voorverhit die oond tot 180°C en smeer 'n oondvaste bak met botter.
  • Meng al die bestanddele (behalwe die KAAS) goed saam en gooi dit in die voorbereide bak.
  • Bak dit 45min en strooi die kaas oor. Bak 15min tot gaar.


Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept