KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Potte-Vol-Sop

Geroosterde Tamatiesop

  

Bestanddele

• 1 kg ryp Roma tamaties – in die helfde gesny

• 4 -5 knoffelhuisies

• 3 Eetlepels olyfolie

• Sout en Peper na smaak

• 1 groot ui – geskil en opgesny

• 1 Eetlepels botter

• 1 Rooi of geel soetrissie of 2 kleintjies – ontpit en opgesny

• 1 aartappel van so ongeveer 100g – geskil en opgesny

• 1 - 2 Eetlepels tamatie-pasta

• knertsie balsamiese-asyn

• 1 koppie (250 ml) hoenderaftreksel

• 2 koppie sliggepakte vars basiliekruid

• 1 – 2 takkies tiemie 


Metode 

• Voorverhit die oond op 200°C

• Sny die tamaties in die helfde – plaas op ‘n bakplaat met vleiskant na bo – geur met genoeg sout en peper, keer hulled an om met “gesig” n onder.

• Gooi nou sommer die konffelhuisies en die soetrissie ook op die bakplaat en bedruip met olyfolie. Bak alles in die oond vir so 25-30 minute.

• Smelt die botter in ‘n middelslag pot en braai die uie tot hulle lekker gekaramelliseer het. “low and slow”. Voeg nou die tamatie-pasta by en braai vir nog so ‘n minuut. Voel nou die balsamiese-asyn indie pot om dit te “de-glaze”.

• Haal die tamaties uit die oond en laat dit so bietjie staan. Druk nou die knoffel uit hulle “huisies” 

• Gooi nou alles op jou bakplaat in die pot met die uie – die sap in die pan ook.

• Voeg nou die hoenderaftreksel, basiliekruid en die tiemie by die tamatie en uie. Daar dit stadig prut vir 30 minute of selfs meer. Hou die deksel op die pot sodat die sop die wegkook nie.

  

• Sodra jy reg is kan jy ‘n versapper gebruik om die mengsel tot ‘n gladde sop te versap.

• Bedien met vars gebakte chakalaka brood, geroosterde kaasbrood of parmasaa”crisps” 

• Ek hou van so ‘n skeut klapperroom of selfs vars room bo-op die soppie.

potte-vol-sop

Romerige Sampioen, Hoender en Groenrissie sop

Bestanddele

Vir die hoenderaftreksel:

  • Die oorskiet en karkas van een geroosterde hoender
  • 1 ui - opgekap
  • 2 wortels - opgekap
  • 2 stokke seldery
  • Sout en peper na smaak 
  • Ongeveer 1.5 liter kookwater

Vir die sop:

  • 2 Eetlepels botter
  • 1 ui -geskil en opgekap
  • 250g sampioene opgekap
  • 1 groenrissie
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 Eetlepels meel
  • 800 ml van jou voorafbereide hoenderaftreksel
  • 3 Eetlepels room
  • 1 teelepel suurlemoensap

Bedien met:

  • Opgekapte sprietuie

Metode

  1. Verwyder al die oorskiet vleis van die hoender se karkas en plaas dit in n bakkie - hou dit in die yskas. *as jy nie genoeg vleis oor het op die karkas nie, kan jy eenvoudig net nog rou hoender saam met die aftreksel kook, en dit uitpluis nadat jy die aftreksel gekook het.
  2. Plaas die hoender-karkas  in 'n groot pot - voeg die uie,  wortel, seldery, sout en peper by en die 1.5 liter kookwater. Laat die afreksel prut vir so 2 - 3 ure. Dit sal met ongeveer 'n derde verminder. Verwyder van die hitte en laat dit effens afkoel. Gooi die aftreksel deur 'n si in 'n groot bak. Dit behoor ongeveer 800 ml te wees. Die bene en res kan nou maar weggegooi word.
  3. Smelt helfte van die botter in 'n groot pot en braai die uie vir so 5 - 6 minute tot sag. Voeg die sampioene by ek braai tot dit bruin is. Voeg nou die knoffel en rissie by. Braai vir so 'n minuut en voeg die ander helfte van die botter by. Sodra die botteer gespelt het kan jy die meel by gooi en goed roer vir 'n minuut.
  4. Hou die hitte matig en begin om die aftreksel by te gooi, so halwe koppie op 'n slag terwyl jy dit gedurig roer.
  5. Sodra al die aftreksel bygegooi is kan jy dit nog so bietjie roer tot dit begin prut.
  6. Die sop kan nou op 'n laer hitte staan, voeg die hoenderstukkies en die room by. 
  7. voeg nou die suurlemoensap by asook die sout en peper.
  8. Bedien in bakkies en garneer met die sprietuie.


Potte-vol-sop

Franse Uiesop

Bestanddele

2 Eetlepels Olyfolie

3 Eetlepels Botter

3 Knoffelhuisies fyn gekap

4 Middelslag wit uie

2-3 Vars Tiemie takkies

10ml Franse Dragon (French Tarragon)

1 teelepel Koekmeel

½ Koppie Witwyn

½ Koppie Room

700m Hoenderaftreksel

sout en peper (ek verkies witpeper)


Suurdeeg brood 

2 Koffelhuisies

1 Koppie Gruyère (ek gebruik KerryGold© VINTAGE CHEDDAR)


Metode

  • Smelt die botter en olyfolie in 'n middleslag potjie, glanseer die uie met die  knoffel en die tiemie en franse dragon. (omtrent 10 minute)
  • Roer maar deurentyd.
  • Voeg die meel by, garneer met sout en peper. Kook vir so 'n minuut.
  • Voeg die witwyn by en kook vir 1-2 minute.
  • Voeg die room by en kook vir 5 minute.
  • Voeg dan 1 koppie van die die hoenderaftreksel by en kook vir so 3 minute.
  • Voeg die oorblywende hoenderaftreksel by en kook oor n lae hitte vir so 30min.
  • Verhit die rooster-element van jou oond. Sny die suurdeeg brood in snye. Skep die sop in opdien bakkies. Plaas die bakkies op 'n bakplaat en sit die snye brood bo-op die sop. Sprinkel baie kaas bo-op. Rooster onder die rooster-element tot die kaas gesmelt het.  Haal versigtig uit en bedien dadelik.



Potte Vol Sop

Botterskorsie-sop met Egiptiese Dukkha

Bestanddele

1 Middelslag Botterskorsie - geskil, ontpit en in blokkies gesny.

2 Oranje Patats - geskil en in blokkies gesny

2 Wortels - Geskil en in blokkies gesny

1 Prei - opgekap

2 Seldery Stokkies - opgekap

1 Groot ui - opgekap

2 Eetlepel Botter

2 Eetlepel Olyfolie

Paar stukkies Pietersielie

6cm Vars Gemmer - gerasper

1 teelepel Borrie

2-3 Knoffelhuisies fyngekap

Sout en Peper

1 Eetlepel Kerriepoeier

Brandrissie-vlokkies na smaak

1.25 liter Hoenderaftreksel

125ml Room

Egiptiese Dukkha


Metode

  • Smelt die Botter en Olyfolie in 'n groot kastrol en braai die ui, prei, seldery, kerrie, borrie, rissie en  knoffel samm tot dit sag is.
  • Voeg die Botterskorsie, patat, wortel, pietersielie en hoenderaftreksel by. Bring tot kookpunt. Maak die kastrol toe en kook dit tot die botterskorsie en wortel sag is.
  • Laat dit effens afkoel en verwerk in 'n versapper.
  • Gooi terug in die kasstrol en voeg die room by en geur met sout en peper.
  • Bring nèt tot by kookpunt.
  • Bedien met room.
  • Sprinkel bietjie Egiptiese Dukkha oor.


Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept