Hierdie is een van daai dinge wat ek nou maar net nie kan weerstaan nie. 'n Moet by enige "koek-en-tee" want nie almal van ons het soettande nie.
Jy kan dit in 'n koekpan bak of gewoon in 'n vierkantinge oonvaste bak. Maak net seker hy is heeltemal gaar met 'n toetspen, anders hou hom maar net nog so rukkie in die oond tot hy gaar is.
Bestanddele
• 60 ml olie
• 2 eiers
• 125 ml suiker
• 500 ml bruismeel
• 5 ml bakpoeier
• 2.5 ml sout
• 250 ml melk
• 250 ml gerasperde cheddarkaas
SOUS
• 125 ml botter
• 2 eetlepels Marmite (of dan nou Bovril as jy moet)
80g fyn biltong
Metode
1. Voorverhit die oond op 180°C en spuit jou 23 cm koekpan of oondbak met kleefwerende sproei.
2. Klits die olie, eiers en suiker saam tot lig en donsig.
3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
4. Vou die meelmengsel en die melk beurtelings by die eiermengsel. Vou die gerasperde kaas laaste in.
5. Skep die beslag in 'n oondvaste bak of koekpan en bak vir 35 min tot goudbruin en gaar - ek moes dit effens langer bak in die kaoekpan omdat dit dieper is as die oondbak.
6. SOUS Smelt die botter saam met die Marmite/Bovril.
7. Sodra die koek gaar is, haal dit uit die oond en prik vol gaatjies. Gooi die gesmelte bottermengsel oor die koek. (As jy dit in 'n ringpan gebak het soos ek, haal die koek uit die pan en gooi die bottermengsel in die pan. Plaas dan die koek weer versigtig in die pan sodat die koek die botter absorbeer. Hou dit in die pan vir so 5 - 7 minute en keer uit op 'n bord)
8. Sprinkel nou lekker baie biltong oor die koek en bedien..
Kerrie-maalvleis
Hier is ‘n heerlike resep vir Kerrie-maalvleis wat jy met rys, vetkoek of kapokaartappel kan bedien.
Bestanddele
• 2 eetlepels olyfolie
• 600g beesmaalvleis
• 2 uie opgekap
• 4 knoffelhuisies opgekap
• 1 Eetlepel Kerrie-poeier
• 1 teelepel komyn
• 1 teelepel gedroogte gemmer
• 1 teelepel koriander
• Kaneelstokkie
• 1 teelepel borrie
• sout en peper na smaak
• 2 Eetlepels appelkooskonfyt
• 1 Eetlepel tamatiepuree
• 1 blikkie tamatie
• 1 Eetepel suurlemoensap
• ½ suurlemoen se gerasperde skil
• Brandrissie-vlokkies
• 3 aartappels – geskil en in klein blokkies gesny
• 1 Koppie gemengde groente
• ½ koppie veisafteksel
Metode
1. Braai die maalvleis in ‘n eetlepel van die olyfolie.
2. Voeg die uie en die knoffel tot sag.
3. Sodra die uie sag is, voeg die Kerriepoeier, komyn, gemmer, koriander, kaneelstokkie, borrie, sout en peper by.
4. Braai alles saam vir so 5 minute
5. Voeg die appelkooskonfyt , tamatiepuree, blikkie tamatie, suurlemoensap, suurlemoenskil en vleisaftreksel by die vleis. Kook vir so 20minute met die deksel oor matige hitte.
6. Voeg die aartappel en groente by en kook vir nog so 20 minute. Voeg nog so klein bietjie aftreksel by indien nodig.
Bedien met rys, vetkoek of kapokaartappel.
“Bang Bang”sous:
• 120ml (½ koppie) mayonnaise
• 2 eetlepels “sweet chilli” sous
• 1 Eetlepels Sriracha sous
• 1 teelepel heuning
Metode
Maak die “bang-bang” sous deur al die bestanddele van die sous saam te meng in ‘n bakkie.
Heerlike gebakte Blomkool happies in “Bang bang” sous
Hierdie happies staan ook beter bekend as “Bang Bang Cauliflower”.
Bestanddele:
• 1 Blomkool
• 120ml Karringmelk of jogurt
• 1 Eier
• 1 teelepel knoffelsout
• 1 teelepel witpeper (gedeel)
• 1 teelepel sout (gedeel)
•150g (3 koppies) broodkrummels
• ½ teelepel swartpeper
• ½ selderysout
• 2 Eetlepel olyfolie
“Bang Bang”sous:
• 120ml (½ koppie) mayonnaise
• 2 eetlepels “sweet chilli” sous
• 1 Eetlepels Sriracha sous
• 1 teelepel heuning
Bedien met:
• 4 Sprietuie – dun gesny
• 1 rooi brandrissie – dun gesny
Metode:
1. Voorverhit die oond op 200°C .
2. Maak die “bang-bang” sous deur al die bestanddele van die sous saam te meng in ‘n bakkie en hou eenkant.
3. Meng nou die jogurt, eier, knoffelsout, ½ teelepel witpeper en ½ teelepel sout in ‘n bakkie.
4. In n aparte bakkie kan jy die broodkrummels, paprika, ½ teelepel witpeper, ½ teelepel sout , swartpeper, selderysout en olyfolie meng.
5. Nou kan jy die blomkool eers in die jogurt end in die broodkrummels dip.
6. Pak die blomkool op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
7. Bak die blomkoom vir so 20 – 24 minute tot dit goudbruin is.
Bedien met die “bang bang” sous, sprietuie en brandrissie
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.