KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Huisie By die see

Vinnige Pasta Alfredo Garnaal

  

Bestanddele 

• 400g  Garnale 

• 300g Pasta

• 1 – 2 eetlepels Cajun speserye

• 1 Eetlepel olyfolie

• 1 Eetlepel botter

• ½ ui opgekap 

• 2 – 3 konffelhuisies gerasper 

• 1 rooi of geel soetrissie – opgesny

• 200g chorizo worsie opgesny 

• Koppie bevrore ertjies 

• 300ml room 

• 1 koppie gerasperde parmesankaas

• vars opgekapte pietersielie

• *ekstra brandrissie opsioneel


Metode

1. Maak die botter en olie warm in ‘n pan en braai jou uie en soetrissie tot dit sag is.

2. Rasper die knoffelhuisies by die uie

3. Voeg jou chorizo by die uie en braai vir so 4 – 5 minute

4. Verwyder alles uit die pan. Voeg nog ‘n bietjie botter en olie in die pan en braai die garnale met jou Cajun speserye. ( jy kan die garnaal vervang met 2 -3 opgesnyde hoenderborsies)

5. Die garnale braai baie vining – so 2-3 minute.

6. Verwyder die garnale en hou eenkant.

7. Maak nou die sous in die pan deur jou room stadig tot kookpunt te bring.

8. Roer nou die kaas by en sodra die kaas gesmelt het kan jy die uie, ertjies en garnale by roer.

9. Geur met brandrissie as jy wil, en kook stadig oor lae hitte vir so 4 – 5 minute.

10. Kook nou pasta volgens die instruksies 

Bedien dadelik – garneer met vars pietersielie 

Huisie by die see

Mossels met vinkel en witwyn

Bestanddele

• 2 Eetlepels olyfolie

• 1 Eetlepel botter

• 1 Vinkelknol met blaartjies

• 1 Groot ui, geskil en fyngekap

• 4 – 5 Tiemietakkies

• 4 – 5 Knoffelhuisies

• 1 eetlepel brandrissie-vlokkies

• 2 Eetlepels vissous

• Sout en swartpeper

• 1Kg swartmossels – skoongemaak

• 250ml witwyn

• Halwe Blikkie klappermelk of klapperroom

• 1 Eetlepel fyngerasperde Gemmer

• Witwortel gerasper

• 1 teelepel sitroengras pasta (lemongrass paste) *Opsioneel


Metode.

1. Maak die olie en botter warm in ‘n pot.

2. Sny die vinkel baie fyn, rasper die knoffelhuisies en braai die tiemie, fyngekapte uie, finkel en

knoffel saam oor lae hitte tot dit sag is. Dit neem so 10 minute. Hou die vinkel se fyn

blaartjies eenkant vir garnering.

3. Geur so effens met sout en peper.

4. Voeg die brandrissie-vlokkie, sitroengras, gerasperde gemmer en gerasperde witwortel by.

Braai vir nog so 5 minute.

5. Voeg nou die wyn by en kook vir so 5minute.

6. Voeg nou die klappermelk by en e nook die vissous. Kook vir nog 5 – 10 minute.

7. Sit nou die mossels in die pot en kook vir so 3 – 4 minute tot die mossels oop is, gooi die

mossels wat nie oopgemaak het nie weg.

8. Skep nou die mossels uit in opdien bakkies.


9. Maak seker die sousiewat in die pot is goed gegeur met sout en peper.

10. Skep die sous oor die mossels, garneel met die vinkelblaartjies en bedien met vars brood en

‘n glas yskoue witwyn.

Huisie by die see

Tuna met Sauce Vierge

Bestanddele

• 2 x  180 - 200g Tuna 

• 1 teelepel olyfolie

• Sout en peper

• sap van 'n halwe suurlemoen


• Botter of olie om die tuna in te braai


Braai die tuna in 'n warm pan so 1 minuut aan 'n kant.


Sauce Vierge

• 6 Eetlepels goeie Olyfolie

• 2 Eetlepels suurlemoensap

• 2 Tamaties opgekap

• 10 - 12 Kalamata olywe - ontpit en opgesny

• 3 - 4 Anchovies - opgesny

• Opgekapte Pietersielie

• Opgekapte grasuie (chives)

• sout en peper


Meng al die bestanddele saam vir die  Sauce Vierge

Huisie by die see

Laksa met Garnaal

  

Hierdie “mors-oranje-sous-op-jou-wit-hemp-uit-pure-opgewonde-gulsigheid” gereg, is die tipe wat jou weer en weer laat terug gaan pot toe tot daar niks meer oor is nie ! Ek is mal oor sop en eet dit dwarsdeur die jaar. Die ene maak ek meer gereeld as enige van my ander resepte!


Bestanddele

• 3 Eetlepels olie

• 1 Ui opgekap

• 4 Brandrissies

• 2 teelepels vars gerasperde gemmer

• 2 knoffelhuisies –gerasper

• 1 teelepel sitroengras pasta 

• handvol vars koljander

• 1 teelepels komyn

• 2 teelepels borrie

•1 teelepel gerookte paprika

• 1 teelepel koljander

•1 Eetlepel suiker

• 1 – 2 Eetlepels Kerrie

• 200ml Klappermelk

• 1 teelepel vissous

• 200ml vis of hoenderaftreksel

• 150g ferm vis

• 200g vermicelli

• 700g Garnaal - ontaar

• 

Garnering – Sny fyn en meng saam in ‘n bakkie

• 1 Eetlepel ryswyn asyn

• 1 teelepel strooisuiker

• 1 – 2 vars brandrissies

• ¼ - ½ komkommer

• ½ rooi ui of sprietuie

• vars koljander

• Vars Lemmetjies


Metode

1. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die ui stadig tot die uie sag en deurskynend is.

2. Voeg die brandrissie, gemmer, knoffel, sitroengras, koljander, borrie, komyn, gerookte paprika, en tamarind by die ui en braai vir 5 minute.

3. Maak solank die garnering – meng die ryswyn asyn, suiker, brandrissie, opgesnyde komkommer en opgesnyde ui in ‘n bakkie.

4. Verwerk die Kerrie-mengsel in die voedselverwerker.

5. Gooi dan die laksa in die pan, voeg die klappermelk, vissous en aftreksel by die laksa. Kook vir so 10 minute.

6. Voeg die vis by en kook vir so 5 minute. Voeg die garnale by en kook vir nog so 5 – 10 minute

7. Berei die vermicelli voor volgens die pakkie.

8. Garneer met die komkommer en brandrissie 

Huisie by die see

Marokkaanse Vis-frikadelle in Harissa-sous

‘n Gereg geïnspireer uit Noord-Afrika smaak nèt so heerlik hier in die suide met vars Kabeljou of Geelstert. Ek maak graag my Harissa met ‘n bietjie appelkoos en leer jou ook sommer hoe om Ras el Hanout te maak waarmee jy nog baie ander disse gaan toor!


Bestanddele 

• 2 Eetlepels olyf olie

• 3 groot knoffelhuisies – fyn gerasper

• 1 Blikkie tamatie

• 1 koppie hoender- of groenteaftreksel

• 1 groot rooi soetrissie – dun gesny

• Handvol vars koriander – opgesny

• ½ teelepel Ras el Hanout

• ½ teelepel komyn

• ½ suurlemoen dun opgesny – verwyder die pitte

• sout en swartpeper


Vir die vis-frikadelle:

• 500g wit vis – ek het Kabeljou gebruik. Geelstert sal ook werk

• 1 ui – in kwarte gesny

• 2 knoffelhuisies 

• Handvol vars koriander 

• Handvol vars pietersielie 

• 1 rooibrandrissie of jalapeno

• 1 teelepel Ras el Hanout

• ½ teelepel gemmerpoeier 

• ½ teelepel kanneel 

• sout en swartpeper

• ½ koppie broodkrummels

• 1 eier

• ½ Eetlepel olyfolie


Metode 

1. Maak die sous: verhit 2 Eetlepels olie in ‘n pan en braai die knoffel versigtig sonder om dit te brand. Voeg die tamatie, aftreksel, harissa en soetrissie by. Braai so rukkie en voeg dan die vars koriander, Ras el Hanout, komyn, opgesnyde suurlemoen, sout en swartpeper by. Laat die mengsel stadig prut terwyl jy die frikadelle maak.

2. Vir die frikadelle: Plaas die vis, ui, knoffel, vars koriander, pietersielie,rissie, Ras el Hanout, gemmer, kaneel, sout en swartpeper in ‘n voedselverwerker en verwerk tot baie fyn.

3. Gooi die vismengsel in ‘n bak en meng die broodkrummels, eier en bietjie olyfolie goed deur.

4. Gebruik ‘n eetlepel om die fikadelle te vorm en rol.

5. Pak die frikadelle versigtig in die sous en kook vir so 15 – 20 minute 

Garneer met vars koriander en bedien met couscous 

Huisie by die see

Viskoekies met Oorskiet geelstert

  

Thaise Viskoekies met oorskiet Geelstert

Bestanddele

• 250g Oorskiet Geelstert of enige ander ferm vis

• Halwe koppie vars koljander 

• Halwe koppie vars pietersielie

• 3 Sprietuie fyngekap 

• 1 – 2 knoffelhuisies

•1 Eetlepel vars gerasperde Gemmer

• 1 – 2 brandrissie opgekap

• 1 teelpepel sitroengras-pasta

• 2 eetlepels Rooi-kerriepasta (Red curry paste)

•1 eetlepel Vissous

• Halwe koppie opgekapte goenboontjies

• 1 eier 

• 20g mielieblom (maizena) OF 30g meel 

• 1 koppies broodkrummels

• Sesamsaad om oor te strooi

• Sout en peper na smaak


  

Metode 

• Gebruik ‘n voedselverwerker en meng alles bymekaar, behalwe die mielieblom en die gevlokte vis.

• Meng nou die vis en die meel by die mengsel in die voedselverwerker – ek gebruik ‘n vurk – dit hou die mengsel lekker lig.

• Mielieblom op jou hande help met die vorm van die viskoekie.

• Braai die koekies in vlak olie tot goudbruin en bedien met soetsuurs-sous of sojas-sous en vars lemmetjie-sap.

Huisie by die see

Seekos laksa

Bestanddele

Laksa:

  • 3 Eetlepels olie
  • 1 ui - geskil en opgekap
  • 4 Rooi brandrissies - opgekap
  • 2 teelepels vars gerasperde gemmer
  • 2 knoffelhuisies - geskil en gerasper
  • 1 Sirtoen-gras - net die sagter deel baie fyn opgekap
  • 'n handvol vars koljander
  • ½ teelepel borrie
  • ½ teelepel koemyn
  • ½ teelepel paprika
  • 1 teelepel Tamarind

Sop:

  • 200ml Klappermelk
  • 1 teelepel vis-sous
  • 200ml hoender-, of visaftreksel
  • 140g vars, ferm vis
  • 200g droë Vermicelli noedels
  • 12 - 16 Garnale - verwyder die doppe en dermkanaal
  • 200g boontjiespruite (beansprouts)

Garnering:

  • 1 teelepel ryswyn-asyn
  • 1 teelepel strooisuiker
  • 1 rooi brandrissie - opgekap
  • 'n stukkie vars komkommer opgesny
  • ½ rooi ui fyn opgesny
  • Handvol vars koljander 

Metode

  1. Verhit die olie in 'n pan en braai die uie tot sag - so 5 minute.
  2. Voeg nou die res van die laksa bestanddele by die uie en braai vir nog so 5 minute terwyl jy die spulletjie roer.
  3. Skakel die hitte af en plaas die laksa mengsel in 'n voedselverwerker en pols tot jy 'n pasta het.
  4. Maak sommer nou ook die garnering: plaas die asyn, suiker, rissie, komkommer, rooi-uien koljander in 'n bakkie en meng goed. (hou eenkant)
  5. Plaas die laksa terug in die pan.
  6. Voeg die klappermelk, vis-sous en aftreksel by die laksa en verhit oor matige hitte totdat die mengsel begin prut.
  7. Voeg nou die vis by en kook vir so 4 minute om die vis gaar te kry.
  8. Terwyl die vis kook kan jy solank die noedels in kookwater plaas om dit sag te kry ( dit neem gewoonlik so 3 minute). Dreineer die noedels
  9. Nou terug na die laksa - voeg nou die garnale by, roer en kook vir 'n minuut. Die garnale behoor nou pienk te wees en die vis gekook.
  10. Verwyder van die hitte en roer die boontjiespruite by.
  11. Bedien met die noedels en garneer met die vars koljander-mengsel!


Huisie by die see

Garnaal en Botterskorsie-Kerrie

Een van die maklikste resepte! 'n Smaaklike ete propvol aroma wat jou mond sal laat water en jou hart laat sing!


Bestanddele

15ml Wok olie (of olyfolie)

1 sprietui - fyn gesny

1½ Eetlepel gekoopte Rooi Thaise pasta (red thai curry paste)

1 Blikkie 400ml klappermelk

250ml Hoenderaftreksel

2 teeleples vissous

350g Botterskorsie in blokkies gesny (jy kan ook patats gebruik)

200g Gevriesde Garnale

1 teelepel Lemmetjiesap

Handvol vars koljander

Ek voeg so 1 of 2 rooi brandrissies by, maar dit is jou besluit.


Metode

  • Verhit die olie in 'n swaarboom-braaipan en braai die uie vinnig vir so 'n minuut, gooi dan die kerrie (red Thai paste) by.
  • Klits die klappermelk, hoenderafreksel  en vissous by.
  • Laat dit stadig kook vir so 5 minute.
  • Gooi die botterskorsie by en kook vir so 15 minute.
  • Spoel die Garnale onder lopende water af om van die oortollige ys ontslae te raak. Voeg die Garnale in die pan en sodra dit weer begin kook voeg die lemmetjiesap by.
  • Kook die gereg vir so 5  minute totdat die Garnale gaar is.
  • Bedien met rys of noedels.
  • Sprinkel die vars koljander bo-op!

Huisie by die see

Viskoekies met Tuna

Bestanddele

2 Blikies Tuna

sesamsaad

½ koppie vars Koljander

3 Rissies - haal die saadjies uit as jy bang is

8cm vars Gemmer - gerasper

2 eiers

35g Maizena OF 50g Meel

4 Sprietuie

Hand vol vars Pietersielie

2 Koffelhuisies

gerasperde skil en sap van ½ Suurlemoen

1 Eetlepel gedroogde Pietersielie

1 Koppie Broodkrummels

Sout en peper


Metode

  • Meng alles behalwe die tuna saam in die voedselverwerker.
  • Voeg die tuna by die mengsel en vorm  die viskoekies. Sit so bietjie Maizena aan jou hande, dit help om die vol te absorbeer.
  • Vlakbraai die koekies oor matige hitte in 'n pan met olie tot dit goudbruin is aan beide kante.
  • Bedien met slaai en suurlemoen.



Huisie by die see

Kalamarie

Bestanddele

500g Kalamarie buise 

Sout

1 Koppie melk

1 ½ Koppie meel

¼ Koppie Maizena

½ teelepel Bakpoeier

1 teelepel Origanum

1 teelepel Swartpeper

1 teelepel Rooipeper

½ teelepel sout

"Grape seed" olie vir diepbraai

1 Suurlemoen vir opdiening


Metode

  • Sny die Kalamarie in 2 cm ringe.
  • Meng 2 teelepels sout met die koppie mek in 'n bakkie.
  • Voeg die Kalamarie by die melk en sit dit in die yskas vir ½ uur tot 'n uur.
  • In 'n groter bak kan jy die meel , Maizena bakpoeier, origanum, swartpeper, sout en rooipeper baie goed saam meng.
  • Sit kombuis papierhandoek op 'n baklplaat.
  • Rol die kalamarie in die meel mengsel, bietjies op 'n slag nie alles gelyk nie. 
  • Skud die oortollige meel af en plaas pak die kalamarie op die papierhanddoek uit.
  • Maak die "grape seed" olie in 'n middelslag potjie warm. Die olieis warm genoeg as jy een van die Kalamaries ingooi en dit begin dadelik borrel en na bo in die olie dryf.
  • Braai die kalamarie vir 3 minute op 'n slag, maar nie in groot hoeveelhede op 'n slag nie.
  • Dreineer die kalamarie op skoon papierhanddoek. 
  • Plaas in 'n opdienbak en druk suurlemoensap oor dit uit!



Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept