KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Ontbyt-kuiers

Appelkoos en kokkosneut chia bederf

Bestanddele

• 1 blikkie kokkosneut-room

• 1/4 koppie chia-saad

• 1 teelepel vanielje geursel

• 2 - 4 vars appelkosies ontpit en in repies gesny.

• Esdoring om oor te gooi na smaak 


Metode 

1. Gooi die kokkosneut-room, chia-saad en vanielje-geursel in 'n bakkie en roer dit goed. Laat dit staan totdat die saadjies opgeswel het.

2. Skep nou  so 'n eetlepel van die chia-mengsel in 2 glasies, pak die appelkosie stukkies bo-op. Herhaal die proses om 'n paar lagies te skep. Geur met esdoringstroop na smaak.

(ek het so paar bessies gehad om by te sit).


Verkoel vir so 'n rukkie in die yskas en geniet!


ontbyt-kuiers

Tert-omelet met kaas en broccoli

Bestanddele

• 2 Eetlepels Olyfolie

• 1 ui - fyn opgesny

• 100g broccoli, in klein blommetjies gesny

• 1 eetlepel gerdoogde gemengde kruie

• Suurlemoensap en swartpeper na smaak 

• 6 eiers geklits

• sout na smaak 

• ½ koppie gerasperde kaas - Cheddar, mozzarella of bloukaas 


Metode

Voorverhit die oond op 180°C

1. Verhit  die olie oor matige hitte in 'n braai pan en braai die uie tot sag.

2. Voeg die broccoli en die kruie by en braai vir nog so 'n paar minute tot gaar, maar nog steeds bros. Geur met suurlemoensap en peper.

3. Klits die eiers en sout saam. 

4. Plaas die groente mengsel in tertpak en  skink die eier bo-oor. 

5. Strooi nou die kaas bo-oor en bak in die oond tot die eier gestol het. omtrent so 

15 minute

Ontbyt-kuier

ClemenGold met Roomkaas en pistache

Bestanddele

  • 6 ClemenGold 
  • 12 Eetlepels bruinsuiker
  • 6 Eetlepels roomkaas
  • 6 teelepels heuning
  • Tiemie vir garnering

Metode

  1. Sny die Clemengolds in die helfde en strooi 'n teelepel suiker bo-oor elke helfde.
  2. Smelt die suiker onder 'n die oond se roosterelement of met 'n "blowtourch". dit neem so 5 - 6 minute.
  3.  Skep die roomkaas bo-op .
  4. Garner met die heuning,  pistache en tiemie.

 

Ontbyt-Kuiers

Lucca se Plaatkoekies

 Dit is altyd so lekker om te sien hoe my seuntjie, Lucca, die eenvoudige vreugdes in die lewe geniet, soos die reuk van my plaatkoekies wanneer ek dit oor naweke, soggens bak. As 'n ouer is dit oomblikke soos die wat alles die moeite werd maak. Ek hoop dat die reuk van vars plaatkoekies hom altyd sal herinner aan die liefde en warmte van ons huis.


Bestanddele

2 Koppies meel

2 teelepels Bakpoeier

knippie sout

1 Eetlepel suiker

1 ½ Koppie Melk

2 Eiers

2 Eetlepels Olie


Metode

  • Sif meel, bakpoeier en sout saam in 'n groot bak. Roer die suiker by.
  • Klits die eier liggies en voeg die olie en melk by.
  • Roer die eiermengsel by die meelmengsel, maar moenie te veel meng nie.
  • Laat n pan goed warm word en spuit met kossproei.
  • Skep eetlepels vol beslag in die pan en bak vir 1 minuut aan 'n kant.
  • Bedien met stroop, heuning, botter of vars vrugte!

Ontbyt-kuiers

Kortpad-Blinis met vye en neute

Bestanddele

125g Griekse jogurt

Gelyke hoeveelheid Bruismeel (gebruik sommer die jogurt-houertjie)

1 Eier

2 Eetlepels Olie

Vye of bessies

Neute - ek gebruik Okkerneute, gebruik wat jy het.

Jogurt vir opdiening

Esdoringstroop of Heuning


Metode

  • Meng al die bestanddele saam in 'n mengbakkie.
  • Laat staan die mengsel  vir so 20 minute.
  • Skep teelepels vol in 'n swaarboompan en bak op matige hitte aan weerskante.
  • Haal uit die pan en plaas op kombuispapier. 
  • Sny die vye in die middel deur en plaas in 'n pan met gesnyde kant na onder. Gooi 'n bietjie esdoringstroop oor die vye en laat dit effens kook oor 'n lae hitte. Gooi die neute ook by die vye sodat dit ook stroop op het.
  • Bedien die blinis met die vye, neute en jogurt.
  • Indien jy nie vye het nie gebruik Aarbeie of Bessies.

ONTBYT-KUIERS

Gebakte Franse Roosterbrood met Challah

Bestanddele

6- 8 dik snye Challah brood

3 Eetlepels botter

1 koppie Karringmelk

2 groot eiers

1 Eetlepel heuning

2 teelepels vanielje-ekstrak

¼ koppie Melk

Versiersuiker, Bessies, Vrugte en Esdoringstroop vir garnering


Metode

  • Smeer n oondvaste bak goed met botter en pak die snye brood netjies in die bak. Skeur die snye in kleiner stukkies om die gapings te vul.
  • Klit sie Karringmelk, eiers, heuning, vanielje en melk saam.
  • Gooi die melk oor die brood en laat dit vir 1 uur OF selfs oornag staan sodat die eiermengsel goed in die brood trek.
  • Voorverhit die oond op 180°C
  • Bak die brood vir 30 min. Verhit die oondse rooster-element en rooster vir nog 2 minute. Pasop dat dit nie brand nie.
  • Garneer met die Bessies en vrugte . Sprinkel versiersuiker en esdoringstroop oor.!

ontbyt-kuiers

Challah Roosterbrood met Naartjie-heuning

Naartjie- Heuning stropie

½ koppie Heuning

¼ koppie Naartjie-sap

Fyngeraspeerde naartjie-skil

  • Meng alles saam en kook vir 3 minute oor matige hitte.


Roosterbrood

½ Challah Brood (vind die maklike resep vir die brood onder "Die Brood-Lorrie")

3 eiers

125 ml Karingmelk

1 teelepel Kaneel

sout

2 teelepels Stooisuiker

Aarbei, bessies en Naatjie

Jy kan dit natuurlik ook met  Crème fraîche bedien!!! Niemand sal vies wees nie.


Metode

  • Klits al die bestandele  saam en gooi dit in 'n plat bak waarin die snye brood kan lê.
  • Sny die brood in lekker dikkerige stukke en week dit in die eier.
  • Maak die olie in 'n pan warm en vlakbraai die broodjies tot goudbruin.
  • Geniet die Brood met Aarbeie, bessies, Naarjie en die Heuning-stropie.



Ontbyt-kuiers

Poffertjes

Bestanddele

375ml Melk - Baie warm maar nie kokend nie (so 1 en half minuut op hoog in die mikrogolf-oond)

10g Kits-gis

2 koppies (280g) Koekmeel (verkieslik *Bokwietmeel, of helfte/helfte)

1 Eier

¼ Koppie Suiker

2 Eetlepels Botter (gesmelt om die kpan mee te smeer)

½ Eetlepel Versiensuiker om oor te sprinkel.


*Bokwietmeel (Buckwheat Flour) is aanlyn te koop @ www.faithful-to-nature.co.za


Metode

  • Meng die meel, suiker en gis saam in n groot mengbak.
  • Maak n holte in die middel van die meel.
  • Breek die eier in die holte en voeg dan die melk by en klits goed.
  • Bedek met n warm tee-doek en laat die beslag rys vir so 'n uur. Die beslag sal verdubbel.
  • Smeer die Poffertje-pan met die gemelte botter oor n matige hitte. 
  • Gebruik n eetlepel en skep die deeg in die holtes van die pannetjie. 
  • Indien jy nie n Poffertje Pan het nie, kan jy n gewone pan gebruik. Maak net seker dan daar genoeg spasie tussen die poffertjes is.
  • Sodra klein lug-borretjies begin om te vorm aan die bo-kant (1-2 minute, kan jy die poffertje omkeer met n sosatie-stokkie. Laat dan vir nog so 'n minuut om gaar te raak. verwyder uit die pan en herhaal totdat die deeg op is.
  • Besprinkel met versiersuiker en bedien warm.



Vervang die versiersuiker met :

  • Botter
  • Konfyt
  • Roomkaas
  • Bessies
  • Sjokolade-sous
  • Heuning
  • Esdoringstroop





Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept