KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Die Brood-lorrie

Maklike Pizza Basis

Bestanddele

β€’ 500g meel

β€’ 5g gedroogte gis

β€’ 1 teelepel sout

β€’ 350ml louwarm water

β€’ olyfolie


Metode 

1. Gooi die water en die sout in 'n bakkie en so klein bietjie van die meel. Meng dit goed en gooi nou die gis by, Laat staan vir so 2 minute.

2. Meng nou die res van die meel by die gis en knie vir so 20 minute  - of plaas in 'n elekriese klitse met die deeghak vir so 10 min.

3. Smeer 'n groot bak met olyfolie en laat die deeg daarin rys vir so uur. Bedek natuurlik met 'n kombuishanddoek. 

4. Knie nou weer die deeg af en verdeel in 6 of 8 dele en rangskik op 'n pakplaat wat met olie gesmeer is.

5. Die deeg moet nou weet rys vir omrent so 'n uur of nog beter, oornag.

6. Jy kan jou oond op sy warmste stel (240Β°C) en die deeg dun uitrol op 'n meelbestrooide werksoppervlak.

7. Garneer die pizza basis met jou gunsteling bestanddele en bak in die oond vir so 8 - 10 minute .

Die Brood-lorrie

Tuisgemaakte tortillas

Bestanddele

β€’ 2 koppies meel

β€’ Β½ teelepel sout

β€’ ΒΎ koppie water 

β€’ 3 Eetlepels olyfolie


Metode

1. Meng al die bestanddele saam en meng goed. 

Laat dit vir so 10 minute rus.

2. Verdeel in 8 porsies en rol hulle uit op 'n meelbestrooide oppervlak.

3. Maak gaar in 'n pan sonder olie - so 1 minuut aan 'n kant!.

Die Brood-Lorrie

Chakalaka-broodjie

  

Jy kan ook muffins maak – klein chakalaka broodjies neem so 30 minute.


Bestanddele

β€’500 g (780 ml ) bruismeel

β€’5 ml bakpoeier

β€’5 ml sout en peper na smaak

β€’4 eiers

β€’410 g Chakalaka (matige geur / sterker geur indien verkies)

β€’250 ml Cheddar kaas – gerasper

200 ml joghurt of karringmelk.


Metode 

β€’ Voorverhit die oond tot 180Β°C

β€’Sif die droΓ« bestanddele saam.

β€’ Klits die eier en die Chakalaka saam.

β€’ Meng die eiermengsel met die droΓ« bestanddele.

β€’ Meng nou die jogurt/karringmelk en 125ml van die kaas by die deegmengsel.

β€’ Plaas die deeg in β€˜n gesmeerde broodpannetjie en strooi die ander helfde van die kaas bo-oor die deeg.

β€’ Bak vir so ongeveer 45 minute tot die toetspen skoon uitkom.

Dis heerlik saam met geroosterde tamatiesop 

Die Brood-lorrie

Piesangbrood

Bestanddele

500g Meel

250ml Suiker

120g Botter

2 Eiers

3 ryp Piesangs - fyngemaak

65ml Water

7ml Bakpoeier

 5ml Koeksoda

knippie sout


Metode

  • Voorverhit die oond op 180Β°
  • Room die botter, suiker en eiers in 'n bak tot lig en roomerig.
  • Roer die fyngedrukte piesang by en klop om dit goed te meng.
  • Sif die meel en sout by die mengsel en meng goed.
  • Los die koeksoda in die water op en roer die bakpoeierby.
  • Roer die water-mengsel goed deur die deeg.
  • Gooi die beslag in 'n gesmeerde Broodpannetjie en bak vir 45 minute in die oond vir 180Β°C.
  • Laat 'n pssr minute afkoel in die pan en keer dan uit op 'n draadrak om heeltemal af te koel.

Die Brood-Lorrie

Challah Brood

Challah , ook bekend as Sabbatbrood, is 'n tradisionele Joodse brood wat gemaak word ter viering van die Manna wat aan die volk van Israel voorsien was gedurende hul 40 jaar in die woestyn.


Bestanddele

10g Kitsgis

1 Koppie warm water

4 Koppies meel

7 Groot eiergele (hou die eierwitte)

ΒΌ koppie Heuning

1 teelepel sout

6 Eetlepels

Olyfolie

2 - 3 Eetlepels Sesamsaad


Metode

  • Meng die gis, water en so knippie suiker in 'n bakkie en laat die mengsels staan vir 10 minute.
  • Meng die meel, eiergeel, heuning, sout en olie in 'n groot bak met 'n houtlepel.
  • Gooi die gismengsel by die deeg en meng dit in 'n elektriese staanklitser met die deeghoek vir 6 - 8 minute. Of knie die deeg op 'n meelbestrooide oppervlakte vir 10 minute.
  • Sit die deeg in 'n groot bak wat liggies met olie gesmeer is. Gooi 'n kombuishanddoek oor en laat die deeg rys op 'n warm plek tot dubbel die grootte. Omtrent 'n uur en 'n half.
  • Knie die deeg af op 'n meelbestrooide oppervlakte. Verdeel die deeg in 3 gelyke dele en rol hulle lank uit. Ongeveer so 40cm. Vleg die drie stroke en plaas dit  op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Laat die brood rys tot dubbel die grote.
  • Voorverhit die oond tot 180Β°C
  • Verf die broodjie met die eierwit en sprinkel die sesamsaad bo-oor.
  • Bak die brood vir 20 - 25 minute tot goudbruin. ( ek sit 'n houertjie met water onder in die oond.)

Geniet die brood warm met heuning of selfs met olyfolie, dukkha en Balsamiese-asyn


Die Brood-Lorrie

Maklike Franse Brood

Bestanddele

2 Koppies Warm water (so 40Β°C)

1 Pakkie droeΓ« gis

2 Β½ teelepel Suiker

650g Meel

2 Β½ teelepel Sout

1 teelepel Olyfolie

OPTIONEEL: Gesmelte botter.


Metode

  • Meng die warm water, gis en suiker saam in kleinerige bakkie sodat die mengsel oplos en laat staan dit vir so 5 minute.
  • In jou staanmenger met sy deeghaak, of net in 'n gewone groot mengbak; meng 2 koppies meel en sout, meng dan die gismengsel by op 'n lae spoed of met die hand.
  • Knie  die oorblywende meel in totdat 'n sagte deeg gevorm word. (omtrent 8 minute). Voeg nog 'n bietjie meel by indien nodig.
  • Smeer 'n bak uit met olie en plaas die deeg daarin. Maak seker die deeg is aan die bo-kant ook liggies gesmeer met olie.
  • Bedek met 'n skoon kombuishanddoek en laat dit vir ongeveer 1 uur op 'n warm slaan totdat dit verdubbel het in grootte.
  • Gooi die deeg af op 'n goed meelbestrooide oppervlak en knie dit vir so 2 minute.
  • Verdeel die deeg in 2 gelyke dele.
  • Rol elke helfde uit tot 'n lang reghoek (so 40 cm lank) 
  • Rol die reghoek dan op in die lengte tot 'n silinder-vorm.
  • Vou die ente mooi in en knyp die "soom" toe.
  • Plaas op liggies gesmeerde  bakplaat en maak 3 - 4 diagonale splete met 'n skerp mes.
  • Bedek weer liggies met n kombuishanddoek, laat dit staan vir 30-60min tot dubbel in grootte.
  • Voorverhit die oond 200Β°C. Bak die brode vir 17- 20 minute. (die brode sal hol klink as jy daaraan klop).
  • Plaas 'n oondvaste bakkie met 3-4 ysblokkies op die onderste plaat van die oond wanneer die brood ingesit word. Dit veroorsaak stoom, wat jou brood-bakkery na die volgede vlak sal neem!
  • Sodra die brood uit die oond kom kan jy so bietjie gesmelte botter bo-oor smeer.

DIE BROOD-LORRIE

ITALIAANSE FOCACCIA BROOD (Matrasbrood)

Hierdie brood is heerlik sag wanneer jy die deeg los om lekker hoog te rys, sodat dit in die middel deur gesny kan word vir toebroodjies. Geniet dun snye ham, salami, tamatie, gekookte eiers, kaas en pesto's op die vars brood as 'n ligte middag-ete. Of sommer net so saam met 'n koppie sop.

Dit vries baie goed. Plaas dit in kleinder individuele sakkies sodat dit maklik ontdooi vir daai "noodgeval-happie".

Heerlik as jy vars kruie soos roosmaryn, tiemie  en olywe bo-oor strooi net voor jy dit in  die oond bak.


Bestanddele

430 ml warm Water (nie kokend nie)

1 pakkie Aktiewe droΓ« gis (10g)

1 teelepel Heuning

2 Eetlepels Olyfolie

600g Gewone Meel

7 ml  sout


Metode

  • Meng die gis met die water en voeg die heuning by.
  • Voeg dan ook die helfte van die olyfolie (1 Eetlepel) en so 2 Eetlepels van die meel by. Klits dit dan goed, maak dit met 'n lappie toe en laat die staan vir so 20-30minute. Dit sal begin borrel en 'n "Skuim" maak.
  • Meng nou die res van die meel en die sout by.
  • Jy kan die deeg in 'n staanmenger meng met 'n deeghaak vir so 4-5 minute. Of  met die hand in 'n mengbak. Die deeg is tΓ¨ slap om te knie.
  • Maak die bak toe met 'n skoon kombuishanddoek en laat dit rus op n warm plek vir 1 Β½ uur,  waar daar geen trek is nie.
  • Smeer olie op 'n bakplaat (28 x38 x 4 cm).
  • Knie die deeg af en plaas op die gesmeerde bakplaat. Bedek met 'n vadoek en laat vir 45 minute rys.
  • Voorverhit die oond tot op sy hoogste temperatuur.
  • In 'n klein mengbakkie: meng die oorblywende olie (1 Eetlepel) met 125ml warm water en 1 teelepel sout totdat dit oplos.
  • Gebruik jou vingerpunte om kuiltjies in die deeg te maak en borsel die sout-mengseloor die deeg. Strooi vars kruie en olywe oor. (indien jy gedroogte kruie gebruik, laat dit eers in 'n bietjie olyfolie lΓͺ - anders brand dit)
  • Plaas in die oond en bak vir 20-30minute tot goudbruin. Die brood moet hol klink as jy daaraan klop.



die brood-lorie

Jogurt Balletjie-brood

Die jogurt maak die brood lekker sag en gee 'n ryker tekstuur. Die brood bly ook langer vars danksy die ekstra vet in die jogurt.


Bestanddele

45 ml Heuning

100 ml lou warm Water

250 ml ongegeurde Jogurt

60 ml Olie

10g Kitsgis

500g  Koekmeel

10g sout

50 ml gemengde vars Kruie (tiemie, origanum, koljander)


Metode

  • Plaas die heuning, water, jogurt en olie in bak van 'n elektriese staanmenger. 
  • Voeg die res van die bestandele by en meng met 'n deeghoek tot 'n stywe deeg vorm. (5 - 8 minute of tot die deeg glad is)
  • Plaas die deeg in 'n skoon bak wat met olie gesmeer is.
  • Maak die bak toe met 'n warm klam kombuishanddoek. Laat die deeg rys vir 30 - 40 minute.
  • Verdeel die deeg in 12 porsies en rol dit in Balletjies.
  • Spuit 'n 20cm ronde bak of ', 20 x 10 cm pannetjie met kleefwerende kossproei.
  • Pak die rolletjies styf teen mekaar in die bak of pannetjie en laat dit weer rys tot dubbel die volume.
  • Verhit intussen die oond tot 180Β°C
  • Bak die brood vir 25 - 30 minute tot die Rolletjies goudbruin is.




Copyright Β© 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept