KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

hoofgeregte

Ragu - 'n baie gewilde Italiaanse gereg wat hoofsaaklik uit vleis en tamatie bestaan.


Bestanddele

60 ml Olyfolie

800g  Kruisskyf - in 4cm blokkies gesny

200g "pork belly rasher" - in 4cm stukkies gesny (as jy weet wat pork belly rashers in afrikaans is, laat weet my asb!)

1 Groot ui - fyn gekap

4 Knoffelhuisies fyn gekap

10g Tamatie puree

300ml Rooiwyn

2 Blikkies tamatie (400g)

500ml Vleis aftreksel

2 Eetlepels suiker

Sout en Peper

1 Koppie ertjies

200g Groenboontjies - gekerf

Parmesan en Basiliekruid vir garnering


Bedien met Pappardelle :

300g Meel

3 Eiers


Metode 

  • Vir die Ragu, Maak die olie oor 'n matige hitte  warm in 'n groot pan.
  • Braai die vleis bruin oor 'n hoë hitte- nie alles gelyk in die pan nie, doen bietjie op 'n slag. Ek gee my vleis sout terwyl ek dit braai.
  • Sit die vleis eenkant.
  • Braai die uie en knoffel oor 'n matige hitte tot die uie sag is.
  • Voeg die tamatie puree by en kook vir so 2 minute.
  • Sit die vleis terug en voeg die wyn en blikkies tamatie by. Kook vir so 10 minute.
  • Voeg die vleis aftreksel by en die suiker, sout en dpeper.
  • Kook vir 1 ½ - 2 ure . 
  • Voeg die groente by en kook vir so 20 minute.
  • Maak die pasta:
  • Plaas die meel in 'n hopie op 'n skoon werksoppervlak en vorm 'n dammetjie. Breek die eiers oop in die holte.
  • Meng die bestanddele geleidelik met twee vingers saam, tot dit amper klonterig is.
  • Knie die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak met die agterkant jou hande en bewerk dit vir so 10 minute.
  • Die deeg moet sag, maar amper leeragtig wee en glad nie aan jou vingers vassit nie, anders gaan dit sukkel om uit te rol.
  • Maak 'n bal  en draai dit toe met kleefplastiek - laat dit vir 30 minute in die yskas rus.
  • Sny die deeg in vier tot ses ewe groot stukke en rol met 'n rolstok op 'n meelbestrooide oppervlak to ' paar sentimeter dik. 
  • Volg die pastamasjien-instruksies. Rol die stukke deeg een vir een, stelselmatig met 'n dunner stelling, tot 'n paar millimeter dik.
  • Sny die pastavelle die in lintvorms met die stelling op jou pastamasjien of met 'n skerp messie.
  • Hou die pasta deurentyds liggies met meel bestrooi, sodat dit nie aan mekaar kleef nie. Hang die pastalinte op tot dit gekook gaan word - dit verhoed dat dit saam kleef. Gebruik 'n hanger of 'n droograk om die pasta op te hang.
  • Kook die pasta so:
  • Kry 'n groot genoeg pot - dit sal keer dat die pasta nie oor kook nie en die pasta is dan ook minder klewerig. so 3-4 liter water vir elke 500g pasta. moet nooit die deksel opsit nie - dit sal oorkook.
  • Maak seker jy geur die pastawater deeglik, 15-30ml sout vir 3-4 liter water.
  • Moenie Olie by die water gooi nie.
  • Die water moet vinnig kook en dan gooi jy die pasta by. Roer deur sodra dit bygevoegis, sodat die pasta nie net op die bodem gaan lê nie.
  • "Al Dente" - die perfekte punt van pasta-gaarheid - die pasta is sag, maar het nog 'n effense "byt, beslis nie pas of klewerig nie.
  • Hou so 100ml van die pastawaterin die warm pot om met die gaar pasta te meng - dit voorkom dat die pasta aan mekaar kleef.
  • Dreineer die gaar pasta in 'n vergieter, skep terug in die warm pot met die behoue pastawater en gee 'n goeie skeut olyfolie oor.



Hoofgeregte

Hoender met Suurlemoen en Kappertjies

Bestanddele

  • 2 Groot hoenderborsies - in die helfde gesny om 4 te maak
  • 3 Eetlepels meel
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel swartpeper
  • 1 teelepel paprika
  • 1 Eetlepel olie
  • 2 Eetlepels botter
  • 2 Knoffelhuisies - gerasper
  • 120ml Hoenderaftreksel (½ koppie)
  • 4 Eetlepels suurlemoensap
  • 3 Eetlepels heuning
  • Suurlemoen skywe
  • Pietersielie

Bedien op gaar rys.


Metode

  1. Sny die 2 hoenderborsies in die helfde
  2. Meng die meel, sout, peper en paprika in 'n bak en rol die hoender daardeur.
  3. Smelt die botter in 'n pan en voeg die olie by.
  4. Braai die hoender in die olie vie so 7 - 8 minute. Draai dit net een keer om.
  5. Voeg nou die knoffel by en roer sodat dit nie brand nie. braai vir so 30 sekondes.
  6. Voeg die hoenderaftreksel en die suurlemoensap by. Ook die suurlemoenskywe en die kappertjies.
  7. Laat dit lekker prut vir so 5 minute.
  8. Bedien op gaar rys en garneur met pietersielie en die gerasperde skil van die suurlemoen.

Ek geur dit met @Capeherb&spice se sriracha chilli. As jy sou wou.

hoofgeregte

Gesonde Beesvleis-kerrie

Bestanddele

Vir die vleis en marinade:

  • 150 ml Griekse jogurt
  • 1 teelepel sout
  • 1 kg beesvleisblokkies
  • 1 teelepel koemyn
  • 1 teelepel koljander
  • 1 teelepel borrie

Vir die kerrie:

  • 2 Eetlepels olie
  • 1 ui - opgekap
  • 2 Eetlepels koljander
  • 2 teelepels koemyn
  • 6 kardemom sade ( ryg hulle saam aan 'n stukkie garing dan is dit makliker om hulle na die tyd te verwyder)
  • 1 teelepel borrie
  •  2 teelepels garam masala
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 4 gedroogte rissies
  • 1 vars groen of rooirissie - fyn gekap
  • 3 knoffelhuisies - geskil en fyn gerasper
  • 1 duim-grote vars gemmer - geskil en gerasper
  • 2 Eetlepels tamatie puree
  • 500 ml vleisaftreksel
  • 400g geblikte tamatie
  • 1 Eetlepel suurlemoensap

Bedien met:

  • Vars koljander
  • ¼ rooi ui fyn gesny
  • Gekookte basmatiese rys

Metode

  1. Plaas al die bestanddele vir die vleis en marinade in 'n groot bak en meng alles baie goed. Maak toe met kleefplastieken sit dit in die yskas vir so 1 - 2 ure of sommer oornag.
  2. Braai die vleis in 'n warm pan met 'n bietjie olie. Gooi oortollige vloeistof af indien nodig, sodat die vleis braai en nie kook nie.
  3. Sodra die vleis geseël is kan jy die uie bysit en dit braai vie so 4 - 5 minute
  4. Voeg dan die koljandeer, komyn, kardamom, borrie, garam masala, swartpeper, rissies, knoffel en gemmer by. Braai vir so 3 - 4 minute om al die geure te vermeng.
  5. Roer dan die tamatie puree, aftreksel , geblikte tamatie en suurlemoensap by. Laat die pot kook en bring die hitte af sodat dit stadig prut vir 3-4 ure.
  6. Geur met sout en peper na smaak en bedien op gaar rys met vars koljander.

hoofgeregte

Lip-lekker Hoender met kasjoe

Bestanddele

Vir die hoender:

  • 6 hoender duitjies - sonder vel of been in blokkies gesny
  • 1 eier
  • 4 Eetleleps Mielieblom (cornflour)
  • ½ teelepel paprika
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ teelepel witpeper
  • olie vir vlakbraai

Vir die sous:

  • 1 eetlepel mielieblom (Maizena)
  • 2 Eetlepels lighte soja-sous
  • 1 Eetlepel donker soja-sous
  • 2 Knoffelhuisies - geskil en gerasper
  • 3 Eetlepels Hoisin sous
  • 2 Eetlepel ligte bruinsuiker
  • 1 Eetlepel sesam-olie
  • 120ml (½ koppie) hoenderaftreksel

Bedien met:

  • 140g (1 koppie) kasjoeneute
  • sprietuie opgekap
  • 1 teelepel sesam-saad
  • vars rooi brandrissie of rissievlokkies


Metode

  1. Breek die eier en klits in 'n bakkie en meng met die hoender. Dreineer die ekstra eier af.
  2. Voeg die meel, paprika, salt en peper by die hoender en meng goed. Nou behoort jy 'n klewerige lagie om die hoender te hè.
  3. Verhit die olie in 'n wok-pan oor 'n matige hitte tot dit baie warm is.
  4. Braai die hoender in die olie tot goudbruin. Dit sal omtrent 7 - 8 minute neem, jy mag dit dalk in twee dele moet doen as jou pan die baie grooi is nie.
  5. Maak solank die sousie terwyl die hoender braai.
  6. Meng die mielieblom, soja, knoffel en hoisen in 'n bakkie totdat die mielieblom opgelos het.
  7. Voeg die bruinsuiker, sesam-olie en hoenderaftreksel by die soja-mengsel en roer goed in. Hou die mengsel eenkant.
  8. Sodra die hoender gaar is kan jy dit uit die olie skep met 'n gaaitjieslepel. Plaas op kombuis papier om die extra olie te dreineer.
  9. Gooi versigtig die oortollige olie uit die pan en maak dan die sous in die pan warm totdat dit begin prut.
  10. Voeg die hoender nou by die swarm sous, ook die kasjoe-neute en die sprietuie.
  11. Roerbraai alles saam vir so 2 minute en bedien op rys. Garneer met sesam-saad en vars rooi brandrissie.



Hoofgeregte

HoenderPathia

Bestanddele

  • 1 Groot ui geskil en opgekap
  • 2 knoffelhuisies - geskil
  • 2 teelepels vars gemmer - gerasper
  • 3 Eetlepels olie
  • 3 hoenderborsies - opgesny
  • ½ teelepel kaneel
  • 2 Eetlepels kerriepoeier
  • ½ teelepel brandrissie poeier
  • 1 teelepel paprika
  • ¼ teelepel fenugreek 
  • ½ teelepel tamarind pasta
  • 1 Eetlepel suurlemoensap
  • 2eetlepels suiker
  • ¾ teelepel sout
  • 400ml Passata
  • 2 Eetlepels tamatie puree
  • 2 Rooi brandrissies - opgesny
  • 60ml hoenderaftreksel
  • 125ml Kokosneut-room

Metode

  1. Verpulp die ui, knoffel en gemmer in 'n voedselverwerker tot 'n pasta
  2. Verhit die olie in 'n groot pan en braai die uie-mengsel vir so 3 - 4 minute
  3. Voeg die hoender by en braai vir nog so 2 - 3 minute terwyl jy dit roer. dit is om die hoender te seël.
  4. Verlaag die hitte na matig en voeg die kaneel, kerriepoier, rissie-poeier, paprika, fenugreek and tamarind by en braai vir so 1 minuut - roer dit die hele tyd.
  5. Voeg nou die suurlemoensap , suiker, sout, passata, tamatie puree en opgesnyde rooi brandrissie by ... en ook die hoenderaftreksel. Laat die mengsel prut vir so 10 minute. Voeg ook die Kokosneut-room by en kook vir so 5 min
  6. Bedien met vars koljander, 'n skyfie suurlemoen op rys.


Hoofgeregte

Geurige rys en maalvleis gereg

Bestanddele

Vir die Vleis

  • 500g Maalvleis
  • 1 Eetlepel sesam-olie
  • 1 Eetlepel ligte bruinsuiker
  • 2 Eetlepels Hoisin-sous
  • 1 Eetlepel  Donker soja-sous
  • 2 Knoffelhuisies - gerasper
  • 1 teelepel vars gemmer gerasper
  • ¼ witpeper 
  • rooi rissie - opgesny

Vir die Rys

  • 1.5 Eetlepel olie
  • 800g (4 koppies) gewone, gekookte rys - afgekoel. Dit is omtrent so 300g droë rys (320ml)
  • 1 Koppie bevrore ertjies
  • 2 eiers
  • 1 Eetlepel donker soja sous
  • ¼ teeleplel sout
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Bedien met:

  • Sriracha sous
  • 3 sprietuie - fyn opgekap

Metode

  1. Braai die maalvleis in 'n baie warm wok-pan tot dit goudbruin is.
  2. Voeg die sesam-olie en suiker by en braai vir nog so 5 minute terwyl jy die vleis rondbeweeg in die pan.
  3. Voeg nou die Hoisin, soja-sous, knoffel, gemmer, witpeper en rissie by en braai vir 5 minute... roer gedurig
  4. Verwyder die vleis uit die pan en hou eenkant in 'n bak.
  5. Voeg die 1.5 Eetlepel olie in die pan en maak dit warm.
  6. Voeg die rys en ertjies by en braai vir 3 - 4 minute terwyl jy dit rondbeweeg in die pan.
  7. Sodra die rys warm is - skuif dit oor na die eenkant van die pan. Breek die twee eiers in die "oop" gedeelte. Roer die eiers met 'n vurk om dit te "scramble". Dit neem so 'n minuut.
  8. Roer die eier nou met die rys en ertjies.
  9. Voeg nou die soja sous, sout en suurlemoensap by en meng
  10. Voeg die maalvleis terug in die pan saam met die rys en braai vir so 2 - 3 minute om die vleis weer lekker warm te kry.
  11. Bedien dit met die sriracha en die sprietuie.

Hoofgeregte

Hoender Stroganoff

Bestanddele

  • 2 eetlepels olie
  • 1 Eetlepel Botter
  • 1 ui - geskil en opgesny
  • 200g sampioene - opgesny
  • 3 Hoender-borsies - opgesny
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ teelepel swart peper
  • 1 teelepel paprika
  • 1 Eetlepel Worcestersous
  • 1 teelepel Dijon mostert
  • 240ml room
  • 160ml suurroom

Bedien met:

  • knippie paprika
  • Vars pietersielie
  • Rys, pasta of aartappels

Metode:

  • Verhit nie olie en botter in 'n pan oor matige hitte.
  • Braai die ui en sampioen vir so 5 minute tot dit sag is.
  • Voeg die hoender, sout, peper en paprika by en braai sit alles saam vir so 5-6 minute.
  • Verlaag die hitte effens en voeg die worcestersous, mostert, room en suurroom by.
  • Roer en laat dit stadig prut tot die hoender gaar is, omtre3nt so 5-6 minute
  • Bedien met rys, pasta of kapok-aartappels. Garneer met paprika en vars pietersielie.

 



Hoofgeregte

Hoender en Spek Makaronie en Kaas

Bestanddele

  • 1½ Eetlepel olie
  • 1 ui - geskil en opgesny
  • 3 hoenderborsies - opgesny
  • Sout en peper na smaak
  • 3 knoffelhuisies - geskil en gerasper
  • 2 Eetlepels tamatiepasta
  • 400g blikkie tamatie
  • 1 teelepel suiker
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 300g makaronie
  • 90ml room
  • 100g Cheddar kaas - gerasper
  • 100g Mozarella Kaas - gerasper.5
  • 'n pakkie spek opgesnipper
  • 3 Eetlepels Panko broodkrummels
  • 1 Eetlepel opgesnyde vars pietersielie


Metode

  1. Verhit die olie in 'n pan en braai die uie tot sag. (so 5minute)
  2. Voeg die Hoenderstukkies by en braai vir so 5 - 6 minute om die vleis te seël.
  3. Geur met sout en peper en voeg die knoffel en tamatiepasta by. Roer dit goed deur.
  4. Voeg nou die blikkie tamatie by, ook die suiker en hoenderaftreksel. Roer en laat dit kook. Dan kan jy die Makaronie bygooi.
  5. Roer alles goed saam, Laat dit stadig prut met die deksel op. Loer en roer so nou en dan tot die Pasta gekook is.
  6. Sodra die Makaronie gekook is kan jy die room byroer en ook die helfde van die kaas.Die gesnipperde spek kan ook nou bygeroer word.
  7. Roer goed deur. Meng nou die broodkrummels met die res van die kaas en strooi dit bo-oor.
  8. Plaas onder die roosterelement en bak tot goudbruin. (so 5 - 6 minute)
  9. Garneer met vars gekapte pietersielie en bedien.

Hoofgeregte

Madras Hoender

Bestanddele

  • 1 ui - Geskil en rof opgekap
  • 2 Knoffelhuisies - geskil
  • 2 teelepels vars gemmer - gerasper
  • 3 Eetlepels olie
  • 3 Hoender fillette - in stukke gesny
  • ½ teelepel Kaneel 
  • 3 Eetlepels Madras kerriepoeier
  • 1½ teelepel paprika
  • ½ teelepel Fenugreek
  • ½ teelepel Tamarin 
  • Sout en peper na smaak 
  • 400ml Passata
  • 2 Eetlepel Tamatie puree
  • 200ml Klappermelk

Bedien met:

  • Vars Koljander
  • 1 Fyn gesnyde Rissie
  •  1 Fyn gekapte rooiui
  • Gekookte rys

Metode:

  1. Verpulp die ui, knoffel en gemmer in 'n voedselverwerker, voeg 'n bietjie olie by indien nodig.
  2. Verhit die olie in 'n groot pan oor hoë hitte en braai die uie-mengsel vir so 3-4 minuted terwyl jy dit roer.
  3. Voeg die hoender by en braai vir so 2-3 minute om die vleis te seël.
  4. Verlaag die hitte na matig en voeg dei kaneel, madras kerriepoeier, paprika, fenugreek, tamarind, sout en peper by. Braai dit vir so 'n minuut.
  5. Voeg die Passata en tamatie puree by en laat dit kook. ( ek voeg so bietjie suiker by - 1 teelepel)
  6. Voeg die klappermelk by en roer. Bring tot by kookpunt en laat dit dan net liggies prut vir so 10 minute.
  7. Bedien met gekookte rys, vars koljandeer, fyngekapte rooiui en vars rissie.

Hoofgeregte

Beesvleis Stroganoff

Bestanddele

  • 2 Eetlepels olyf olie
  • 1 Eetlepel botter
  • 1 ui - geskil en fyngekap
  • 200g sampioene grof gekap
  • 400g beesfilet of lendeskyf - in 1cm repies gesny
  • sout en peper
  • 400ml room

Bedien met:

  • Gekookte rys of pasta
  • Paprika na smaak
  • vars Pietersielie

Metode

  1. Verhit die botter en 1 eetlepel van die olie in 'n pan oor matige hitte.
  2. Braai die uie tot sag.
  3. Voeg die sampioene by en braai vir 3-4 minute terwyl jy dit roer.
  4. Skep die uie en sampioenmengsel in 'n bakkie en hou eenkant terwyl jy die pan weer warm maak op 'n hoë hitte.
  5. Meng die res van die olie met die vleis en geur met sout en peper na smaak.
  6. Braai die vleis in die pan in 'n enkellaag vir so 1 - 2 minute.
  7. Voeg die uie en sampioenmengsel by die gebraaide vleis en verlaag die hitte.
  8. Voeg die room by en laat die gereg stadig warm word sonder om die room te laat kook.
  9. Bedien met rys of pasta.
  10. Geur met paprika en vars pietersielie

Hoofgeregte

Spanjaard Hoender

Bestanddele

8 Stukke Hoender (duie en boudjies)

2 Eetlepels olyfolie

Hoender Speserye

1 Ui opgekap

200g Kalamata Olywe

1 blikkie Kekeretjies (400g)

1 blikkie Tamatie (400g)

10g Tamatiepuree

250ml Passata

3 Lourierblare

1 Rooi Soetrissie opgekap

1 Brandrissie opgekap

3 Knoffelhuisies fyn opgekap

2 Eetlepels Tamatie-rissie konfyt

sout en peper

Gedroogte gemengde kruie


Metode

  • Voorverhit die oond op 180°C
  • Maak die olyfolie warm in 'n swaarboompot wat in die oond kan gaan.
  • Geur die hoender met die hoender speserye en sout, braai dit bruin in die pot.
  • Hou die hoender eenkant terwyl jy die uie, knoffel, soetrissie en rissie saambraai tot die uie sag is.
  • Voeg die olywe, kekerertjies, tamatie, tamatiepuree, passata en lourierblare by die uie en kook vir so 5 min oor 'n lae hitte.
  • Roer die konfyt by en plaas die hoender terug in die pot.
  • Geur met sout en peper na smaak.
  • Bak die gereg rustig in die oond vir so 1 uur.
  • Bedien met Bulgur koring, rys of koeskoes.


Hoofgeregte

Beesbors (Brisket)

Beesvleisbors

Bestanddele

1.5 kg Ontbeende Beesvleisbors 

2 Eetlepels Mostert poeier

2 Eetlepels Gemaalde Komyn

2 Eetlepels Seldery Saad

1 Eetlepel  Rooipeper

1 Eetlepel Swartpeper

1 Eetlepel Sout


Olyfolie

2 Uie opgekap

1 Eetlepel  Bruinsuikeer

3 Lourierblare

10g Tamatiepuree

1 Corona Bier

250ml Vleisaftreksel


Metode

  • Voorverhit die oond op 180°C
  • Meng al die speserye saam en vryf dit in die beesbors in.
  • In 'n groot oondpan - braai die Blad in olyfolie om hom te seël.
  • Verwyder die vleis uit die pan en braai die uie met olyfolie.
  • Strooi die suiker oor die uie terwyl dit braai. 
  • Voeg die lourierblare en die tamatiepuree by en roer goed. 
  • Sit die vleis terug in die pan met die uie.
  • Gooi die Corona en die aftreksel by en laat dit begin kook.
  • Maak die hele pan mooi toe met foelie en plaas in die oond vir 3 ½ ure.


hoofgeregte

Pastei met Varkfilet en Sampioene

Bestanddele 

2 Eetlepels Olyfolie

1 Ui fyngekap

3 Knoffelhuisies fyngekap

2 - 3 Takkies vars Tiemie

500g Varkfilet opgesny in blokkies

1 eetlepel Gemaalde Koljander

2 Eetlepels Botter

250g Sampioene opgekerf

100 ml hoenderaftreksel

150ml Room 

1 eetlepel Sampioen Soppoeier

5 ml meel

1 Koppie ertjies


Metode

  • Braai die ui, knoffel en tiemie in 1 Eetlepel olyfolie tot die uie sag is. Hou eenkant.
  • Geur die filet met sout en die koljander, braai die vleis dan in 1 Eetlepel olyfolie. Hou eenkant.
  • Braai die sampioene in die Botter vir so 5min.
  • Voeg die uie, filet, ertjies en hoenderaftreksel by die sampioene.
  • Meng die Sampioen soppoeier en meel met die room en voeg dit by die gereg.
  • Kook vir so 5 min op 'n lae hitte
  • Voorverhit die oond op 180°C.

Maak die beslag vir die Kors:

125 ml Melk

125 ml Olie

1 Eier geklits

195 ml Meel (110g)

5 ml Bakpoeier

Knippie sout


  • Meng al die bestandele saam in 'n bak.
  • Skep die gereg in 'n oondvaste bak en gooi die meelbeslag bo-oor die vleis.
  • Bak vir 30min tot goudbruin.



Hoofgeregte

Gevlokte Vark met ClemenGold© en Ramen Noedels 🍊

Bestanddele

1 Kg Ontbeende Varkskouer (blad)

sout en swartpeper

1 Eetlepel Gerookte paprika

4 Eetlepels Midde-Oosterse 7 Speserye (resep onder aangeheg)

2 Eetlepels Olyfolie

2 Knoffelhuisies geskil en fyngemaak

4 cm Vars Gemmer geskil en fyn gerasper

1 of 2 Groen (of rooi) brandrissie fyn gekap (met of sonder pitte)

2 Wortels geskil en  opgekap

2 Uie geskil en opgekap

2 Selderystokkies opgekap

1 Sitroengras steel gekneus

500 ml ClemenGold© sap

skil van een ClemenGold©

500 ml Hoender aftreksel of Bouillon

2 Eetlepels Sojasous

2 Eetlepels Mirin (kan vervang word met witwynasyn of rysasyn gemeng met 1 teelepel suiker)

400 ml Klapperroom


Ramen of Eiernoedels


Garnering

Vars Mintblare

Vars Koljanderblare

Ganaatpitte

Vars Sprietuie opgekap

Vars boontjiespruite

Baba suikermielies

Radyse fyn gekap

Vars Brandrissie fyn gekap


Metode

Voorverhit die oond op 180°C

  1. Vir die gevlokte vark: geur die skouer (blad) met sout en 2 eetlepels van die Midde-oosterse-7-Speserye.
  2. Verhit die olie in n groot, swaarboompot (met n deksel wat in die oond kan gaan). Braai die vark tot goudbruin aan al die kante. Omtrent so 10 minute.
  3. Haal die vark uit en plaas dit eenkant in n aparte bak. Braai die uie, knoffel, rissie, gemmer, seldery, geneusde sitroengras en wortels saam met 2 eetlepels Midde-Oosterse-7-speserye totdat glansterig.
  4. Voeg die ClemenGold© sap, die skil, hoederafrekse, sojasous, Mirin en gerookte paprika by.
  5. Sodra die mengsel begin prut kan die vark terug geplaas word in die pot.
  6. Die pot (met sy deksel) gaan dan oond toe met vir ongeveer 4 ure.
  7. Na 4 ure: haal die vark uit die pot en hou eenkant sodat dit effens afkoel sodat dit gevlok kan word.
  8. Voeg die klapperroom by die aftreksel in die pot en kook dit saam oor n lae hitte op die stoof omtrent 10 minute.
  9. Dreineer die mengsel deur n sif vir n gladde aftreksel.
  10. Kook die Noedels volgens die instruksies.


Opdiening

  • Verdeel die aftreksel tussen 4 opdien bakkies.
  • Skep die gekookte Noedels en Gevlokte Vark by.
  • Garneer met die vars bestandele na smaak.


Midde-Oosterse 7 Speserye

meng die volgende saam:

1 teelepel Komyn

1 teelepel Kaneel

1 teelepel Koljander

1 teelepel  fyngemaalde Wonderpeper - "All spice"

½ teelepel Neutmuskaat

½ teelepel fyngemaalde Naeltjies

½ teelepel fyngemaalde Kardemom

(ek gebruik my klein koffiemalertjie of  om die speserye fyn te maal)


Hoofgeregte

Oond Geroosterde Hoender met ClemenGold© 🍊

Bestanddele

4 ClemenGolds©

3 Eetlepels Heuning

1 teelepel Saffraan

1 Kaneelstokkie

1 Eetlepel Olyfolie

3 Eetlepels Baharat (Midde Oosterse 7 Speserye) - *Resep heelonder*

2 teelepel Gerookte Paprika

8-10 Hoenderstukke (op die been, met vel)

2 baba Preie fyn gekerf

1 middelsag Ui fyn gekerf

1 Koppie Kalamata Olywe

1 Koppie Hoenderaftreksel

1 - 2 Ster-anys

4-6  Vars Tiemie Takkies

sout en peper na smaak


Baharat-resep

1 teelepel Komyn

1 teelepel Kaneel

1 teelepel Koljander

1 teelepel Wonderpeper (allspice)

½ teelepel Neutmuskaat

½ teelepel gemaalde Naeltjies

½ teelepel gemaarde Kardemom

* meng alles saam*


Metode

  • Voorverhit die oond tot180°C.
  • Neem een van die ClemenGolds© en rasper sy skil fyn en druk al sy sap uit, plaas dit in 'n klein souspotjie.
  • Voeg die heuning, saffraan en kaneel by, verhit die mengsel tot dit dun is en maklik roer en verwyder van die hitte. Laat dit vir so 10 minute staan.
  • Sny die ander 3 ClemenGolds© in ronde wiele.
  • Vryf die Hoenderstukke in met die Baharat en gerookte Paprika.
  • Verhit die Olyfolie in 'n groot ysterpot en braai die hoender tot goudbruin oor 'n medium hoë hitte.
  • Verwyder die hoender uit die pot en hou eenkant. Smeer so bietjie van die heuning mengsel oor die hoender.
  • Braai die Peie en uie in die pot tot glansig, voeg die Olywe en ClemenGolds© by.
  • Plaas die Hoender terug in die pot en voeg ook die Hoenderaftreksel, Tiemie en heuningmengsel by. Geur met swartpeper.
  • Plaas die Ysterpot in die oond en kook tot die hoender gaar is. Omtrent so 30- 45 minute.
  • Verwyder die Kaneelstokkie en bedien met rys of Tabbouleh. 




Hoofgeregte

Pittige Thaise Kerrie sop 🌶

Diè  is een van my gunsteling resepte! Dit is 'n vinnige en maklike gereg om te maak met ongelooflike intense, diep geure. Jy is BAIE WELKOM!


Bestanddele

1 Stokkie Sitroengras (lemongrass) gekeus en grof gekap

2-3 Rooi Thaise Rissies

1 Ui grof gekap

8 Knoffelhuisies

2.5cm Vars Gemmer fyn gerasper

½ Koppie Vars Koljander

1 Eetlepel gemaalde Koljander

1 Eetlepel gemaalde Borrie

1 Eetlepel Kerrie poeier

2 Eetlepels Olie

400ml  Klappermelk

500ml Hoenderaftreksel

750g Hoender fillette sonder vel en been, gehalveer in die lengte

450g Chinese eiernoedles of Vermicelli

3 Eetlepels vissous

1 Eetlepel ligtebruin suiker

sout na smaak


Garnering

Gesnyde rooi-uie

Lemmetjie in wiggies

Rooi-rissies

Vars Koljander

Vars Boontjiespruite

Brandrissie olie


Metode

  • Berei die Sitroengras-water voor deur die gekneus en gekapte stokkie in 'n beker te plaas. Kook water en gooi 'n ½ koppie kookwater oor die sitroengras. Laat dit staan vir omtrent 10 minute en verwyder dan die Sitroengras. Hou die water eenkant vir later.
  • Puree die rissies, uie, knoffel, gemmer, koljander, borrie en kerrie met 2 eetlepels van die Sitroëngras-water. Prosesseer tot 'n gladde pasta terwyl jy nog sitroëngras-water byvoeg so 1 eetlepel op n slag, indien nodig.
  • Verhit die olie in 'n groot pot oor 'n matige hitte. Voeg die Kerrie puree by en kook vir 4-6 minute, roer aanhoudend.
  • Voeg die Klappermelk en die Hoenderaftreksel by die kerrie en laat dit kook.
  • Voeg die hoenderstukke by en verlaag die hitte sodat die gereg stadig prut vir so 10-15 minute totdat die hoender gaar is.
  • Haal die hoender uit en plaas eenkant om effens af te koel en vlok dit.
  • Plaas die Hoender terug in die sous en voeg dan die vissous en die suiker by.  Prut vir nog so paar minute terwyl jy die noedels voorberei.
  • Kook die Noedels volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Verdeel die sop en noedels tussen die bakkies en garneer.

GENIET!


Opsie

 Vervang die hoender en hoenderaftreksel met steurgarnaal en visaftreksel vir n heerlike alternatief.








hoofgeregte

Sampioen risotto

Bestanddele

250g Arborio-rys

3 Eetlepels Olyfolie

55g Botter (PLUS ekstra om aan die einde in te roer)

250g Sampioene fyn opgesny

2 Eetlepels vars Pietersielie

3-4 Knoffelhuisies

250ml Witwyn

600ml Hoenderaftreksel

35g Parmesan


Metode

  • Verhit die hoederaftreksel in 'n kastrol en hou dit warm eenkant, moenie dit laat kook nie.
  • Smelt die Botter en olie in n groot pan, die olie help dat die botter nie brand nie.
  • Braai die knoffel en sampioene tot dit sag is.
  • Voeg die Rys by en braai nog so 2 minute.
  • Gooi die wyn by en laat dit stadig afkook terwyl jy dit aanhou roer.
  • Geebruik 'n groot sop-opskeplepel en voeg die hoenderaftreksel lepel-vir-lepel by, wag tot al die vloeistof geabsorbeer is voor jy die volgende lepel byvoeg.
  • Hou aan om die aftreksel by te voeg totdat die rys verdubbel, die proses sal sowat 15-20 minute duur en dan behoort die rys al dente te wees en die risotto romerig.
  • Roer n bietjie ekstra botter by asook die Pietersielie en Parmesan.
  • Sit dit dadelik voor.



hoofgeregte

Lasagne

Bestanddele

2 Eetlepels Olyfolie

1 Eetlepel Botter

500g Beesmaalvleis

1 ui fyn gekap

1 koppie fyn gekapte soetrussies (ek meng sommer rooi, geel en groen)

2 knoffelhuisies fyn gekap

1 wortel - baie fyn gekap (ek gebruik 'n voedselverwerker)

1 blikkie gekapte tamatie

1 koppie Passata

10g Tamatie puree

2 Eetlepels vars Oreganum (of 2 teelepels gedroogte oreganum)

1 Eetlepel Gemengde Kruie (droë)

1 koppie Rooiwyn

½ koppie Beesaftreksel

1 Eetlepel suiker

sout en peper

300g - 400g Lasagne velle

1  Koppie kaas 


Witsous

75g Botter

75g Meel

2 koppies Melk

125g Roomkaas

Sout, peper en neurmuskaat


Metode

  • Gebruik 'n groot pan en braai die maalvleis in die botter en olyfolie tot dit mooi bruin is.
  • Haal die maalvleis uit en hou dit eenkant. 
  • Braai die uie, soetrussie, wortel  en knoffel saam tot die uie glaserig is.
  • voeg die rooiwyn by en kook vir so 2 minute.
  • Voeg die blikkie tamatie, passata en puree by en roer goed.
  • Voeg die kruie en vleisaftreksel by en roer.
  • Strooi die suiker oor en roer deur. Kook die tamatie mengsel vir so 10 minute en sit dan die maalvleis terug.
  • Sout en Peper na smaak.
  • Kook die maalveis vir so 45 minute oor 'n baie lae hitte. Hou die deksel op en roer gereeld.
  • Maak die Witsous : Smelt die botter in 'n kastrol tot dit borrel. Voeg die meel by en roer vinnig met 'n draadklitser om dit te meng. Kook die mengsel stadig vir 1 -2 minute en roer voordurend om 'n gladde, ligte roux te maak.
  • Voeg die melk stadig by en hou aan roer totdat dit so dit soos vla is. Meng die roomkaas by.
  • Stel die plaat op laag en kook die sous nog sowat 5 minute, roer gereeld tot dit glad en glansend is. Geur na smaak met sout en peper en neurmuskaat.
  • Skep 'n dun lagie vleissous onder in 'n oondbak en smeer dit gelyk. Pak 'n lagie lasagnevelle op die vleissous, en dan 'n dun lagie witsous. Strooi 'n bietjie kaas oor die sous en herhaal die proses en eindig met 'n lagie witsous. Stooi kaas oor en laat buite die oond staan terwyl die oond opwarm.
  • Verhit die oond tot 108°C en bak die Lasagne vir 30 minute tot goudbruin en borrelend.






Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept