Bestanddele
Kapokpatat
• 1 Kg Patat n blokkies gesny
• 1 Knoffelhuise fyngerasper
• 2 eetlepels Botter
Schnitzel
• 600g varkfilet
• 100g haselneute of gemengde neute
• 1 koppie broodkrummels
• 100ml parmesan
• 1 Eetlepel gedroogte roosmaryn
• 1 Eetlepel gedroogte pietersielie
• 125ml koekmeel
•1 teelepel sout
• 2 eiers
• olie vir vlakbraai
Metode
1. Kook die patat to dit gaar is en dreineer die water.
2. Druk dit fyn en geur met knoffel, botter en sout
3. Vlek die varkfilet en sny dit in vier ewe groot stukke.
4. Slaan hulle effens plat met ‘n vleishammertjie..
5. Meng die neute, broodkrummels, parmesan en kruie .
6. Meng die meel en sout op ‘n aparte bak en klits die eier in ‘n derde bakkie.
7. Doop die vleis eers in die meel, dan in die eier en laastens in die krummels.
8. Verhit ‘n dun lagie olie in ‘n pan en vlakbraai die schnitzels vir ongeveer 5 -7 minute tot dit bros en goudbruin is aan albei kante. Sit voor met die kapokpatat.
Bestanddele
• 400g – 500g vark fillet – opgesny
• sout, peper en koljander
• 1 Eetlepel olyfolie
• 3 eetlepels botter
• Halwe ui opgekap
• 4 – 5 vars Salie
• 250g Portabellini sampioene opgesny
• 3 – 4 Knoffelhuisies
• 1 Eetlepel Dijon mosterd
• 1teelepel gedroogte italiaanse kruie
• een van tannie Ina Paarman se hoenderaftreksel-konsentraat sakkies
• 70ml Rosèwyn
• 200ml room
Metode
1. Geur die vleis met sout en peper en koljander
2. Braai die vleis in die olie en een eetlepel van die botter, vir so 3 minute en verwyder uit die pan.
3. Voeg die res van die botter by die pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die salie en sampioene by. Braai vir so 5 – 6 minute.
4. Voeg die Mosterd, gedroogte kruie en hoenderaftreksel by en ook die wyn. Kook vir so 3 – 5 minute.
5. Sit die vleis terug en gooi die room by en kook vir so 10 minute op lae hitte.
6. Bedien op kapokaartappel, rys of pasta.
Bestanddele
• 4 steaks
• sout, peper en koljander
1. Geur die vleis met die sout, peper en koriander.2. Braai die vleis 3 minute aan ‘n kant, die vleis moet 145°C
Chimichurri
• 1/2 koppie (125ml) olyfolie
• 1 Eetlepel gerookte paprika
• 2/3 koppie vars pietersielie - opgekap
• 1/3 koppie vars origanum - opgekap
• 2 koffelhuisie - opgekap
• 1 rooibrandrissie - opgekap
• 3 Eetlepels rooiwynasyn
• 3 Eetlepels suurlemoensap
1. Verwerk die bestanddele in ‘n voedselverwerker en skep in ‘n bakkie.
Gebraaide Pynappel-salsa
• 1 Pynappel in ringe gesny
• 1 Eetlepel olie om die pynappel te braai
• ½ rooi ui – opekap
• 1 Jalapeno
• 1 Eetlepel lemmetjiesap
• Vars Koljander
• sout en peper
1. Smeer die pynappel met olie en braai vir so 3 minute aan ‘n kant2. Sny alles fyn en meng.
Bedien die steak met chimichurrie en salsa.
Bestanddele
Kerrie pasta:
•1 ui – opgekap
• 1 – 2 rooibrandrissies
• 2 teelepels vars gerasperde gemmer
• 2 teelepels sitroengras pasta
• handvol vars koljander
• 1½ teelepel borrie
• ½ teelepel komyn
• ½ teelepel paprika
• ½ teelepel swartpeper
• 1 Eetlepel olyfolie
• 1 Eetlepel heuning
• 2 – 3 hoenderborsies in blokkies gesny
• 1 Eetlepel olyfolie
• 400ml klappermelk
• 1 koppie hoenderaftreksel
• 2 teelepels vissous
• 2 teelepels suiker
• 1 Eetlepels lemmetjiesap
Bedien met noedels of rys met vars brandrissie en vars koljander
Metode
1. Verwerk al die bestanddele vir die Kerrie pasta in ‘n voedselverwerker.
2. Braai die hoender in ‘n warm pan met die olyfolie.
3. Voeg die Kerrie pasta by die hoender sodra dit lekker verbruin het. Braai vir so 5 minute.
4. Voeg nou die klappermelk en die hoenderaftreksel by die hoender.
5. Kook vir so 20minute en voeg dan die suiker, vissous en lemmetjiesap by die hoender.
6. Kook vir nog so 5 min en bedien met noedels (maak gaar soos op die pakkie aangedui word)
7. Garneer met vars koljander en brandrissies.
Dit is nou wat ek noem;“koesterkos” !!!
Bestanddele
• 2 Lamskenkels (480g elk)
• witpeper
• Mediterranean Rub
• 60ml olyfolie
• 1 ui opgekap
• 3-4 knoffelhuisies – opgekap
• 3 -4 seldery opgekap
• 250ml rooiwyn
• 1 Blikkie tamatie
• 250ml Passata
• 250ml vleisaftreksel
• Sout en peper
• 1 -2 Lourierblare
• 125ml Appelkoos-harissa
• 6 -7 Wortels – geskil en opgesny
• 250ml Ertjies
Metode
1. Geur die skenkel met witpeper en die Mediterranean Rub.
2. Verbruin die skenkel in ‘n dikboompot wat die oond kan gaan.
3. Haal die skenkel uit die pot sodra dit verbruin het, braai nou die ui, seldery en knoffel tot sag.
4. Gooi die roowyn by die uie.
5. Kook vir so 5minute en voeg dan die blikkie tamatie by en die passata, laat so bietjie kook.
6. Gooi ook die vleisaftreksel, die lourierblare.
7. Smeer die Appelkoos-Harissa aan die skenkel en plaas dit versigtig in die pot.
8. Plaas in die oond vir 2.5 – 3 ure op 160°C
9. Na so 2 ure kan jy jou groente bysit, ek gebruik wortel en ertjies. Kook vir so 45min.
10. Bedien die skenkel op Kapok aartappel.
Mandela-dag Beesstert met samp
Volgens die kookboek , Ukutya Kwasekhaya: Tastes from Nelson Mandela’s Kitchen deur Xoliswa Ndoyiya, wat Nelson Mandela se persoonlike sjef was, was beesstert en samp een van die president se gunsteling disse. Ter viering van Mandela-dag maak ek dan hierdie resep, daarby maak ek ‘n vars salsa met wortel en pynappel. Die gereg loop mooi saam met Benguela Cove se baie spesiale Pinotage.
Bestanddele
• 2kg beesstert
• sout en peper
• 1 koppie meel
• 60ml olie vir braai
• 2 uie opgekap
• 2 – 4 opgekapte Knofffelhuisies
• 2 Eetlepels vars gerasperde gemmer
1 teelepel swartpeperkorrels
• 4 wortels opgekap
• 1 koppie opgekapte seldery
• 1 pakkie tamatie puree
• 2 blikies tamaties
• 4 lourierierblare
• 1 liter vleisagtreksel
• 300ml rooiwyn
• 300ml Passata
• 400ml Gemmerbier
• 2 Koppies samp, gewas in koue water en vir 3 ure geweek.
• handvol opgekapte pietersielie
Metode
1. Voorverhit die oond op 180°C
2. Geur die rou beesstert met sout en peper.
3. Gooi die meel in ‘n plastieksakkie en skud die vleis in die sakkie sodat die beesstert vol meel word. Doen in sarsies.
4. Pak die beesstert op ‘n bakplaat en rooster in die oond vir 30min
5. Sodra die vleis verbruin het kan jy dit uit die oond haal en oortollige vet weggooi.
6. Verhit ‘n oondvaste pot op matige hitte en braai die uie, seldery, en knoffel tot sag. Voeg die tamatie puree by.
7. Voeg dan die rooiwyn, gemmerbier, blikkie tamatie by en kook vir so 5 – 10 minute
8. Daarna kan jy die lourierblare, vleisaftreksel, gemmer , asyn , peperkorrels en Passata byvoeg.
9. Sodra die pot begin prut kan jy die vleis in die pot sit.
10. Plaas die deksel op en in die oond vir 2 ure
11. Haal die pot uit die oond en voeg die samp by. Maak die pot toe en kook hom vir nog ‘n uur.
12. Na ‘n uur behoort alles sag te wees, indien nie kook vir nog so ‘n rukkie en toets gereed die samp en die vleis.
13. Sodra die pot klaar is kan hy vir so 30 minute “rus”. Jy kan enige oortollige vet met ;n lepel afskep.
14. Bedien met vars pietersielie.
Bestanddele
4 Naartjies
3 Eetlepels Heuning
1 teelepel Saffraan
1 Kaneelstokkie
1 Eetlepel Olyfolie
3 Eetlepels Baharat (Midde Oosterse 7 Speserye) - *Resep heelonder*
2 teelepel Gerookte Paprika
8-10 Hoenderstukke (op die been, met vel)
2 baba Preie fyn gekerf
1 middelsag Ui fyn gekerf
1 Koppie Kalamata Olywe
1 Koppie Hoenderaftreksel
1 – 2 Ster-anys
4-6 Vars Tiemie Takkies
sout en peper na smaak
Baharat-resep
1 teelepel Komyn
1 teelepel Kaneel
1 teelepel Koljander
1 teelepel Wonderpeper (allspice)
½ teelepel Neutmuskaat
½ teelepel gemaalde Naeltjies
½ teelepel gemaarde Kardemom
* meng alles saam*
Metode
· Voorverhit die oond tot180°C.
· Neem een van die Naarjie en rasper sy skil fyn en druk al sy sap uit, plaas dit in 'n klein souspotjie.
· Voeg die heuning, saffraan en kaneel by, verhit die mengsel tot dit dun is en maklik roer en verwyder van die hitte. Laat dit vir so 10 minute staan.
· Sny die ander 3 Naartjie in ronde wiele.
· Vryf die Hoenderstukke in met die Baharat en gerookte Paprika.
· Verhit die Olyfolie in 'n groot ysterpot en braai die hoender tot goudbruin oor 'n medium hoë hitte.
· Verwyder die hoender uit die pot en hou eenkant. Smeer so bietjie van die heuning mengsel oor die hoender.
· Braai die Peie en uie in die pot tot glansig, voeg die Olywe en Naartjies by.
· Plaas die Hoender terug in die pot en voeg ook die Hoenderaftreksel, Tiemie en heuningmengsel by. Geur met swartpeper.
· Plaas die Ysterpot in die oond en kook tot die hoender gaar is. Omtrent so 30- 45 minute.
· Verwyder die Kaneelstokkie en bedien met rys of Tabbouleh
Bestanddele
• so 700g hoeder-dye of hoenderborsies
• 3 Eetlepels botter
•1 Eetlepel olie
• 1 ui in kwarte gesny
• 4 knoffelhuisies
• 1 – 2 Eetlepels vars gemmer
• 80ml Griekse jogurt
• 1 Eetlepel suurlemoensap
• 1 teelepel coriander
• 1 teelepel paprika
• 1 teelepel rooipeper
• 1 teelepel garam masala
• 4- 6 kardamon sade
• 1 teelepel sout
• 1 teelepel kaneel
• 1 -2 Eetlepels kerriepoeier
• 125ml hoenderaftreksel
• 400ml Passata
• 2 -3 Eetlepels tamatie puree
• 2 Eetlepels suiker
• 180ml Room
Metode
1. Ontbeen die hoender en sny in kleiner stukkies.
2. Marineer die hoender in die jogurt, suurlemoensap, koriander, paprika, rooipeper en garam masala. (vir so uur)
3. Kerf die ui, knoffel en gemmer saam in ‘n voedselverwerker
4. Smelt die botter en olie in ‘n pan en braai die uie tot ditsag is. (so 5 – 6 minute)
5. Voeg die hoender by en braai dit met die kaneel, sout enkerriepoeier. ( 5 – 10 minute)
6. Voeg nou die aftreksel, passata, tamatie puree enkardamon by en kook vir so 20 minute.
7. Verwyder die kardamon sade en voeg die suiker en room by – kook die room deur vir so 10 minute oor ‘n lae hitte.
Garneer met vars koljander en bedien met rys en naanbrood.
Naanbrood
Bestanddele
• 1 ¾ Koppies meel
• ½ teelepel sout
• 2 Eetlepels melk
• 2 Eetlepels geklitste eier
• ½ koppie warm water
• 1 Eetlepel suiker
• ½ teelepel droë gis
• 2 Eetlepel gesmelte botter of ghee
• sesamsaad en vars koljander vir garnering
Metode
1. Sif die meel en die sout saam
2. Meng die eier en die melk saam.
3. Meng die suiker in die warm water en gooi die gis bo-oor. Laat dit vir so 10 minute staan sodat die gis blom.
4. Meng nou al die bestandele saam en druk die deeg saamen laat dit rys tot dubbel die grote, so ‘n uur behoortgenoeg te wees.
5. Rol die deeg in so 5-6 kleinder balletjies enlaat dit weerrys vir so 30 minute.
6. Rol die deeg uit en bak in ‘n warm pan tot dit gaar is. Smeer die gesmelte botter oor die naan sodra dit gaar is en garneer met die sesamsaad en vars koljander.
Voorverhit die oond op 180°C
Vir die skaapblad van so 2 – 2.5 kg
• 5 – 6 takkies roosmaryn
• 6-8 Tiemie-takkies
• 3 – 4 Lourierblare
• 1 – 2 Uie in wiele gesny
• 1 – 2 hele knoffelbolle in die helfde gesny (dwars)
• 1 – 2 suurlemoene in kwarte gesny
Pak al die kruie, uie, suurlemoen en knoffel in ‘n oondvaste bak
• Sny liggies oor die vet van die blad maar nie deur die vleis nie
• Smeer met olyfolie
• Meng die volgende saam in ‘n bakkie:
• 1 teelepel komyn
• 1 teelepel gerookte paprika
• 1 teelepel witpeper
•1 teelepel sout
Smeer die mengsel oor die vleis
• Gooi ‘n paar swartpeperkorrels in die bak met die uie.
• Plaas die skaapblad bo-op die uie en knoffel in die oondbak.
• Bak die blad eers vir 15min sonder bedekking.
• Haal uit die oond – smeer die Harissa-pasta aan die vleis en maak toe met foelie
• Bak vir 4 ure sonder om te loer
Bestanddele
g• So beesvleis in repies gesny
• 1 botterskorsie in 2cm blokkies gesny
• 1 ui – fyn opgesny
• 2 – 3 knoffelhuisies – opgekap
• 2 roosmaryn takkies en ‘n paar stukkies vars tiemie
• 2 Eetlepels meel
• 1 koppie goeie rooiwyn
• 3 koppies beesaftreksel
• 2 Eetlepels tamatiepasta
• 3 Eetlepels olyfolie
• teelepel sout
• teelepel varsgemaalde swartpeper
• 1 teelepel kaneel
• ½ koppie vars granaatpitte
• ½ koppie vars pietersielie –opgekap
Metode
1. Braai die uie, roosmaryn en tiemie in die olie tot die uie sag is.
2. Voeg die knoffel by.
3. Voeg die kaneel by die knoffel en uie – braai so ‘n minuut saam.
4. Sprinkel die meel, sout en peper oor die repies beesvleis.
5. Voeg die vleis by die uie en braai baie stadig tot die vleis mooi bruin is. Dit neem nogal ‘n rukkie.
6. Voeg nou die tamatiepasta en die wyn by die vleis. Kook vir so 5 minute en voeg dan die aftreksel by.
7. Kook baie stadig vir so 30min.
8. Voeg nou die botterskorsie by die bredie en kook stadig vir nog so 20min.
9. Geur die bredie met sout en peper na jou smaak.
10. Bedien die bredie op bulgaarse-koring, koeskoes of rys.
11. Garneer met die granaatpitte en vars pietersielie
Bestanddele
• 2 Eetlepels olyfolie
• 2 teelepels borrie
• 1 Eetlepel vars gerasperde gemmer
• 4 knoffelhuisies huisies
• 1 rooi brandrissie – opgesny
• 2 Eetlepels koljander
• 1 teelepel komyn
• 1 ui – fyn opgesny
• 1 koppie klapperroom
• ½ koppie jogurt (gewoon of klappergeur)
• 1 hoender (in die helfde gesny)
• 1 koppie vars granaatpitte
Metode
1. Verhit die olie in ‘n pot en braai die borrie, gemmer, knoffel, rissie, koljander, komyn en ui saam vir so 3minute.
2. Verwyder van die hitte en laat dit so effens afkoel.
3. Roer nou die klapperroom en jogurt by.
4. Plaas die 2 halwe hoenderstukke in ‘n sakkie en gooi die room by en maak toe.
5. Laat staan die hoender vir so uur of 3.
6. Voorverhit die oond op 180°C.
7. Plaas die 2 hoenderstukke op ‘n bakplaat en gooi so bietjie van die room bo-oor.
8. Bak vir so 45min – “verf” so elke 5 min bietjie van die room oor die hoender.
9. Bedien met rys of koeskoes en garneer met granaatpitte
Bestanddele
• 1 - 1.5kg Stowe Beesvleis in blokkies gesny
• 2 Eetlepels olie
• sout en peper na smaak
• 3 Knoffelhuisies gekneus en fyngekap
• 1 ui fyngesny
• 1 - 2 Lourierblare
• 2 - 4 Heel naeltjies
• 5ml gedroë tiemie (of vars tiemie as jy het)
• 250ml warm Vleisaftreksel
• 4 medium aartappels, n blokkies gesny
• 1 koppie ertjies
• 200g sampioene, in skywe gesny
• 2 Eetlepels Botter
• Koekmeel om die sous mee te verdik
Kors - meng al die bestanddele saam in 'n bak vir die beslag:
• 125ml Melk
• 125ml Olie
• 1 Eier geklits
• 110g Meel (195ml)
• 5 ml Bakpoeier
• Knippie sout
Metode
1. Braai die blokkies vleis in 1 eetlepel olie, geur met sout en peper. Haal uit en hou eenkant.
2. Braai die ui, knoffel en tiemie in 1 eetlepel olie tot die ui sag is. Verwyder en hou eenkant.
3. Braai die sampioene in die botter vir so 5 miute.
4. Voeg nou die vlei, die uie en die aftreksel by die sampioene.
5. Voeg die Lourierblare en naeltjies by en kook vir so 10 - 15 minute.
6. Kyk of dit nodig is om die sous effens te verdik deur 'n bietjie uit te skep in 'n beker en met so 1 - 2 eetlepels meel te meng en dan weer terug in die pot te gooi.
7. Maak nou die beslag aan en skep die gereg in 'n oondvaste bak en gooi die meelbeslag bo-oor die vleis.
8. Bak vir so 30minute tot goudbruin.
Bestanddele
• 4 Vark-tjoppies van jou keuse (ek het "rib-eye" gebruik)
• Koljander, komyn, sout en peper om die vark mee te geur voor jy dit braai.
• Olie om die vark mee te braai.
Vir die kersie-sous
• 330g vars kersies met die pitte verwyder en gehalveer
• ½ koppie Balsamiese-asyn
• 1 Eetlepel gerasperde knoffel
• 3 - 4 takkies vars tiemie
• 1 teelepel Sumac - as jy het.
• sout en peper na smaak
• 1 - 2 eetlepels Esdoringstroop
Vir die blomkool-"mash"
Metode
1. Geur die vleis met die koljander, komyn, sout en peper.
2. Maak eers die sous: Voeg al die bestandele van die sous (behalwe die kersies) in 'n potjie en laat dit vir so 10 minute prut oor matige hitte. Voeg nou die kersies by en prut vir nog so 10 minute oor matige/lae hitte. Wees versigtig om dit nie te veel te kook nie anders word dit konfyt. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Die sousie verdik sodra dit afkoel.
3. Kook die blomkool in water wat met sout gegeur is tot gaar. Dreineer, maak fyn en geur met so 'n eetlepel botter.
4. Braai die vleis in 'n pan met 'n bietjie botter. Dit hang af hoe gaar jy van jou vleisie hou.
5. Bedien vleis op "mash" met die sousie en groente van jou keuse.
Bestanddele
Vir die Frikadelle
• 250g Portabellini sampioene in kwarte gesny
• Olyfolie om die sampioene te besprinkel.
• 3-5 Tiemie-takkies
• 500g Lams maalvleis
• 1 Rooi-ui fyn opgesny - ek gebruik die voedselverwerker
• 2 Knoffelhuisies gerasper
• 2 Eetlepels vars gemmer -gerasper
• 1 teelepel fyn komyn
• 1 Eetlepel Garam masala of kerriepoeier
• 1 teelepel rooirissie-vlokkies
• 1 koppie broodkrummels
• 1 eier
• 1 Koppie opgesnyde vars koljander
• sout en witpeper na smaak
Metode
1. Voorverhit die oond op 220°C.
2. Sit die sampioene kwarte op 'n bakplaat of in 'n oondvastebak en sprinkel met olyfolie en tiemie.
3. Rooster in die oond vir so 15 - 20 minute en laat hulle afkoel.
4. Pols die sampioene in die voedselverwerker fyn tot dit dieselfde tekstuur as die maalvleis het.
5. Meng al die betanddele vir die frikadelle saam en vorm die vleis-balletjies en plaas in die yskas vir so 15 minute.
6. Bak die frikadelle in 'n oondvaste bak wat met botter gesmeer is vir 12 - 15 minute tot gaar.
Vir die kerriesous
• 2 Eetlepels Olie
• 3 eetlepels fyngerasperde Knoffel
• 2 Koppies room (of een koppie room en een koppie kapperroom)
• 1 teelepel sout
• 1 teelepel Rooipeper
• 1 teelepel Paprika
• 1 teelepel fenugreek (of kerriepoeier)
• 1 teelepel Borrie
• 2 eetlepels suurlemoensap
Metode
1. Braai die knoffel in die 'n potjie met die olie.
2. Voeg die room, sout, rooirissiepoeier, paprika, fenugreek en borrie by die knoffel en roer goed.
3. Laat die room prut vir so 5 - 10 minute sonder dat die oorkook.
4. Geur met suurlemoensap en sout na smaak.
Bedien deur die sous in 'n vlak bakkie te skep en dan die frikkadelle. Ek drup dan so bietjie Kuie-olie of olyfolie op die kerriesous.
Bestanddele
• 2 of 3 vark tjops
Vir die spesery mengsel
• 2 Eetlepels bruinsuiker
• 1 Teelepel komyn
• 1 teelepel knoffelsout
• 1 teelepel gemaalde koljander
• 1 teelepel rooipeper (cayenne)
• sout en peper na smaak
Meng alles saam in 'n bakkie en geur die vark tjoppies daarmee.
Vir die sousie
• 2 Eetlepels olyfolie
• 1 Eetlepel vars gerasperde gemmer
• 2 Eetlepels gerasperde knoffel
• 60ml Appelkooskonfyt
• ½ koppie vars uitgedrukte Appelkoossap (of pynappelsap)
• 2 Eetlepels sojasous
• 1 Eetlepel Dijon mosterd
Metode
1. Braai die Varktjoppies in 'n warm pan met 'n bietjie botter. net vir so 'n minuut aan 'n kant.
2. Verwyder die vark en meng al die bestanddele vir die sous.
3. Bring die sous tot koopunt en sit die vark terug - kook vir so 12 minute 9 draai halftyd om.
Bedien met groente, geroosterde appelkosies en kapokaartappels.
Bestanddele
• 1 kg waterblommetjies
• 1.2 kg lamskenkel
• 2 uie - opgekap
• 3 knoffelhuisies - fyngesny
• 1 - 2 suurlemoene se sap
• 500 ml witwyn
• 500 ml vleisaftreksel
• 4 - 5 aartapples opgensy of 10 baba-aartappels
• 4 - 5 wortels - groot opgesny
• 4 - 5 baba-preie opgesny of so 2 groot preie
• 1 teelepel komyn
• 1 teelepel koljander
• 1 teelepel vinkelsade
• 1 - 2 teelepels worchestersous
• 40 ml olyfolie
• 30 ml sout om die blommetjies mee af te spoel
• sout en peper na smaak
Metode
•Meng die 30 ml sout met koue water in 'n groot bak en laat lê die waterblommetjies daarin totdat jy dit nodig het
. •Sout en peper die vleis na smaak - ek verkies witpeper op die lam.
•Verhit die olie in 'n groot pot en verbruin die vleis. •Haal die vleis uit die pot en braai nou die uie, preie en knoffel tot sag.
•Voeg die speserye by die uie en braai vir so minuut.
•Nou kom die wyn by.
•Sodra die pot begin prut kan jy die vleis terug sit. Voeg ook nou die vleisaftreksel by. Plaas die deksel op en kook rustig tot die vleis sag is. (1 - 1 ½ uur).
•Voeg nou die wortels by en laat prut vir so halfuur.
•Maak seker jou pot het genoeg sout en peper in - proe!
•Dan kan jy die aartappels insit met die worchestersous.
•Spoel jou blommetjies en pak hulle bo-op die aartappels.
•Die suurlemoensap kom bo-oor die waterblommetjies.
•Kook nou oor baie lae hitte vir so uur.
•Bedien met gaar rys. 🍷
Braai die hoender:
• 1 Eetlepel olyfolie
• 4 Hoenderdye met vel en been
• 4 Hoenderboudjies
• sout en peper
Metode
Nou vir die sous:
• 2 Eetlepels olyfolie
• 1 ui - geskil en opgesny
• 1 selderystingel - opgesny
• 1 rooi-soetrissie - ontpit en gesny
• 1 geel-soetrissie - ntpit en gesny
• 3 - 4 knoffelhuisies - geskil en gerasper
• sout en peper na smaak
• 1 teelepel gedroogte origanum (of vars as jy kan)
• ½ teelepel gedroogte roosmaryn ( of vars)
• 2 Eetlepels paprikan
• ½ teelelpel gedroogte rissieflokkies (of vars as jy kans sien)
• 2 Lourierblare
• 120 ml rooiwyn (½ koppie)
• 2 blikkies tamatie
• 2 Eetlepels tamatie-pasta
• 1 - 2 teeleples suiker
• 200g Kalamata olywe. (ontpit)
Metode:
Hier het ons nou 'n heerlike BeesBredie.. jy kan enige bees stowevleis gebruik, maar die Skenkel is verbasend sag en smaaklik. Die Gremolata neem die gereg na hoër hoogtes.
Bestanddele
• Beesskenkel (of enige bees stowevleis)
• 2 Eetlepels meel
• sout en peper na smaak
• 2 Eetlepels olyfolie
• 1 Eetlepel botter
• 2 Rooi-uie
• 2 wortels
• 2 selderystawe (hou die blare vir die Gremolata)
• 3 knoffelhuisies
• 1 teelepel vinkelsade
• 1 x 70 g blikkie tamatiepasta
• 1 koppie witwyn
• 1 x 400 g blikkie heel tamaties
• 1 koppie beesaftreksel
• 3 lorierblare
• 1 takkie tiemie
• 2 takkies roosmaryn
•500 g Pasta - al dente
Vir die Gremolata:
• 80 g Italiaanse platblaar-pietersielie
• 1 suurlemoen se sap en fyngerasperde skil
Metode
Bestanddele
Metode
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.