KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Vars slaaie

Bulgaarse Slaai met komkommer, granaat en kekerertjies


Met heerlike vars bestanddele, kekerertjies en granaat lyk diè Midde-oosterse Bulgaarse slaai soos n bielie van ‘n Tabbouleh


Bestanddele

• 1 koppie bulgaarse koring

• 1½ teelepel sout –geskei

• ½ rooi ui - fyn opgekap

• ¼ koppie olyfolie

• ¼ koppie varss suurlemoensap

• 1- 2 knoffelhuisies – fyn opgekap

• 1 teelepel komyn 

• 1 teelepel suiker

• ½ teelepel varsgemaalde swartpeper

• 1 soetrissie opgekap (rooi of geel)

• ½ komkommer opegesny in klein blokkies

• ½ koppie opgesnyde pietersielie

• ½ blikkie kekerertjies – ek rooster hulle in die lugbraaier met ‘n bietjie olyfolie en speserye (jy hoef nie ) 10minute op 180°C met gerookte paprika en rooibrandrissie-poeier.

• ½ koppie granaatpitte

• So paar stukkies vars kruisement of dille


Metode

1. Kook water in die ketel en sit die bulgaarse koring in ‘n bakkie saam met ‘n ½ teelepel sout. Een koppie bulgaarse koring benodig 1 koppie kookwater. Maak die bakkie toe met ‘n deksel of kleefplastiek. Laat eenkant staan vir so 15 – 30 minute sodat die koring die water absorber. Pluis die koring met ‘n vurk nadat dit afgekoel het.

2. Meng nou die olie, suurlemoensap, knoffel, komyn,suiker, peper en 1 teelepel sout bymekaar.

3. Meng die bulgaarse koring, ui, soetrissie, komkommer, pietersielie, kruie, kekerertjies en granaat in ‘n mooi slaaibak. 

4. Gooi die sousie oor en meng baie goed.

Verkoel in die yskas of geniet sommer dadelik 

Vars slaai

Peer Carpaccio

Bestanddele 

• 2 pere - dun gesny

• 30g Gorgonzola

• 30g Okkerneute

• 30g dennepitte

• Mikro-blare of Roketblare

• 1 - 2 sprietuie - opgekerf

• 2 teelepels Esdoringstroop

• sap van ½ suurlemoen

• sout en peper na smaak


Metode

1.  Pak die bestanddele mooi op 'n slaaibord.

2. Meng die suurlemoensap en die esdoringstroop vir die sous.

3. Geur met sout en peper.


Vars slaaie

Maklike Maandag TunaSlaai

Hier is sommer 'n vinnige gesonde slaai vir jou Maandag.


Bestanddele

• Baba-tamaties - opgesny

• Halwe komkommer - opgesny

• Halwe Rooi soetrissie - opgesny

• Halwe Granny Smith appel - opgesny

•Handvol Mikro-blare

• Halwe rooi-ui - opgesny

• 2 of 3 kwartel eiertjies - gekook en in die helfde gesny

• 'n Paar olywe

• Halwe blikkie tuna uit 'n blikkie


Meng alles saam en druk 'n halwe suurlemoen oor die slaai uit, Geur met sout en peper

Vars Slaaie

SirtusSlaai met avokadopeer en papawersaad

SlaaiSous:

• ¼ koppie heuning

• ¼ koppie appelasyn

• 2 Eetlepelspapawer-saad


- Meng alles saam totdat die heuning opgelos het.


Slaai:

  1. 1 Rooi-ui opgesny
  2. 1 - 2 Ryp avokadopere - opgesny
  3. 2 Clemengolds - opgesny
  4. 1 HoneyGold - opgesny
  5. 1 Rooi pomelo - opgesny
  6. 100g Gekaramelliseerde neute
  7. Mikro kruie vir garnering

Metode

  1. Marineer die rooi-uie ind ie slaaisous vir so 5 - 10 minute.
  2. Rangskik alles op 'n mooi slaaibord en bedien met die slaai sous.


Vars Slaaie

Broccoli, Halloumi, Bulgur en Heuning-geroosterde Tamaties

Bestanddele

• 500g ryp tamaties, in halwes gesny

• 2 Eetlepels olyfolie

• 2 Eetlepels heuning

• Sout en peper na smaak

• 250g Burgur koring

• 300g Broccoli-Blommetjies

• 1- 2 Avokadopere

• 360g Halloumi, in die pan gebraai


Metode

  1. Voorverhit die oon op 200*C. Sit 'n draadrakkie bo-op 'n oondplaat. Plaas die tamaties op die rakkie met die gesnyde-kante na bo. Sprinkel die olie en heuning oor die tamatie, geur met sout en peper en bak in die oond vir so 20 - 30 minute.
  2. Kook die bulgur soos wat die aanwysings op die pakkie verduidelik.
  3. Kook die broccoli vinnig vir 2 minute en dplaas dit dadelik in 'n bakkie met yswater. Dreineer en laat goed uitdroog op 'n kombuishanddoekie of kombuispapier.
  4. Pols die broccoli in 'n voedselverwerker tot dit soos rys lyk.
  5. Meng die bulgur en die broccoli, bedruip met die olyfolie en geur met sout en peper. 
  6. Pak die gesnyde avokadopeer bo-op, asook die pan-gebraaide Halloumi.
  7. Pak ook die geroosterde tamatie op en beduip dit met die sap wat in die "tamatie-pan" agtergebly het.


Vars slaaie

Mango en groenboontjie slaai met grenadellasous

Bestanddele

• 2 - 3 Mango's

• 1 koppie bevrore ertjies

• 200g jong groenboontjies - puntjies afgesny.

• 3 - 4 grenadellas

• 1 - 2 Eetlepels heuning

• 2 Eetlepels oyfolie

• 1 Eetlepel vars gemmer - gerasper

• 1 - 2 Vars brandrissie opgesny ( met of sonder die sade)

• 1 Eetlepel lemmetjiesap

• Halve koppie dennepitte

• Handvol vars Koljander opgesnipper

• 175g vars Rooi-granaatpitte


Metode

1. Kook 'n potjie water en geur die water met sout. Plaas die boontjies in die water en kook vir so 2 minute. Dreineer en spoel af onder yskoue water. 

Hulle moenie "pap" kook nie. Droog af en hou eenkant.

2. Doen dieselfde met die bevrore ertjies.

3. Sny die grenadellas in die helfde en skep die binnekant uit in 'n klein potjie.

4. Maak die pulp warm oor 'n lae hitte en prut vir so 5 minute tot dit dik is. Haal dan van die hitte af en gooi deur 'n siffie om die pitte te verwyder. 

5. Klits die heuning by asook die olie, gemmer, lemmetjiesap en geur met sout en peper na smaak.

6. Skil en sny die mango.

7. Pak die groenboontjies, ertjies en mango in 'n mooi slaaibord.

8. Garneer met vars koljander en brandrissie. Sprinkel die dennepitte oor. Bedien met die slaaisous.


(Hierdie slaai is ook heerlik as jy dit met Tannie Woolies se bloukaassous wil bedien)

Vars slaaie

Aarbei caprese slaai

Bestanddele

• 250g Vars Aarbeie opgesny

• 200g Kersietamaties opgesny

• Avokado in blokkies gesny

• 'n Handvol Pekanneute opgekap

• 125g Appelliefies opgesny

• 150g Mini Mozzarella gesny

• 80g  Basiliekruid


Pak alles mooi in 'n slaaibord


Slaaisous

• 3 Eetlepels Balsamiese-asyn

• 1 Eetlepel goeie Olyfolie

• 1 Eetlepel Heuning


Meng alles goed saam en bedien met slaai.

Ietsie Vars

Papaya, Hoender en Kasjoeneut-slaai

Bestanddele

1 Papaya geskil, pitte verwyder en in repe gesny

100g Roketblare

300g ontbeende hoendeerborsie in repe gesny en in 'n pan gebraai met hoenderspeserye van jou keuse.

100g Kasjoeneute 

Handvol vars kruisement en koljander - grofgekap

½ Rooi ui - in ringe gesny

1 Rooi brandrissie opgesny (verwyder die pitte as jy bietjie bang is)



Metode

  • Rangskik die Papaya op die Roketblare in 'n groot slaaibak.
  • Meng die Hoender, neute, kruisement and koljander saam, skep dit bo-op die Papaya.
  • Rangskik die duie bo-op en strooi die Brandrissie oor.

 
Bloukaas slaaisous

½ koppie mayonnaise
½ koppie karringmelk
2 teelepels Dijon mosterd
½ teelepel knoffel
1 eetlepel fyn gekapte Pietersielie
1 eetlepel Bloukaas, of meer as jy verkies
METODE:
klits al die bestanddele goed saam. 
Maak dit toe en sit in die yskas tot gebruik. 

ietsie Vars

Vye, Papaja, Serrano-ham met heuning-mosterd-sous

Hierdie resep is 'n heerlike ligte somers-ete en baie maklik om te maak. 


Bestanddele

50 - 100g Vars Roketblare

6 - 8 Vye

1 Papaja - geskil en ontpit

Handvol neute (kasjoe en pistasieneute)

2 Eetlepels Sjerrie-asyn

½ teelepel Djion mosterd

3 Eetlepels Olyf olie

1 teelepel Lopende heuning

Mozzarella na smaak

6 snye Serrano-ham

Klein bietjie vars Basiliekruid


Metode

  • Meng die asyn, mosterd, heuning en die olyfolie saam.
  • Sny die vye en plaas dit in 'n bakkie.
  • Gooi die sous oor die vye en laat vir 20 minute staan.
  • Rangskik die roketblare in 'n bord.
  • Skeur en rangskik die Ham op die blare.
  • Sny die papaja en voeg by die slaai saam met die neute, mozzarella en vye.
  • Garneer met die basiliekruid



Ietsie Vars

Beet en Feta slaai

Bestanddele

4 Middelslag of 250g gaar Beet in blokkies gesny.

120g Roketslaaiblare

60g Fetakaas (of meer) in blokkies gesny

100g gekapte Peukanneute en Kasjoeneute

100g Suiker


  • Smet die 100g suiker stadig oor lae hitte terwyl jy dit roer. Die suiker moet gesmelt wees voordat dit begin karamalliseer. Verhit totdat die suiker lekker gekaramalliseer is - mooi goudbruin. Haal van die hitte af en voeg die neute by. Meng goed en keer uit op 'n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Laat dit heeltemal afkoel en kap fy om oor die slaai te strooi.
  • Meng al die bestanddelle saam en strooi die neute oor. Bedien met Balsamiese slaaissous.


Balsamiese Slaaisous:

2 ½ Eetlepels Olyfolie

1 eetlepel Balsamiese asyn

1 eetlepel Heuning

½ teelepel sout 

Swartpeper na smaak


  • Meng alles saam en bedien met die slaai!


Ietsie Vars

Spanspek met bloukaassous

Bestanddele

½ Spanspek Ontpit, geskil en in blokkies gesny

1 Avokadopeer - in repe gesny

100g Pancetta

½ Komkommer opesny

Feta - soveel as wat jy verkies

Roket

'n Chille opgesny (met of sonder die saadjies)

½ Rooi ui opgesny.


Mens jou slaai in 'n slaaibak 


Slaaisous

50g Bloukaas, gekrummel

175ml Gewone jogurt

125ml Mayonnaise

sout en peper na smaak


Meng al die bestandele en bedien met die slaai.


Ietsie Vars

GroenBoontjie en Feta- slaai

Bestanddele

Water

200g Groenboontjies - puntjies gesny

Sout en pepere na smaak

Feta

250g Kalamata Olywe

½ koppie Dennepitte

1 koppie Kasjoeneute

½ rooi ui fyn gesny

100g Pancetta


Slaaisousie

½ koppie olyfolie

2 Eetlepels Suurlemoensap

1 -2 Knoffelhuisies gerasper

2 Eetlepels Vars dille

½ teelepel Gerookte Paprika

Sout en peper


Metode

  • Maak die die slaaisous deur alles saam te klits. Hou dit eenkant.
  • Maak 'n groot pot vol water en laat dit kook. Geur die water met sout. Kook die groenboontjies vir so 5 - 7 minute. Plaas die Boontjies in 'n "ysbad" vir 5 minute. ('n Bak met ys en koue water).
  • Dreineer die boonjies goed en sit dit in 'n slaaibak. Meng die slaaisous en gooi dit oor die boontjies. Sout en peper na smaak.
  • Meng nou die res van die bestandele by die boontjies!

Ietsie Vars

Mediterreense Orzo Slaai

Bestanddele

1 ½ Koppie droeë orzo pasta (dit lyk soos rys)

250g Kersietamaties gehalveer

2 sprietuie fyngesny

vars kruie soos Dille en Italiaaanse pietersielie

'n Koppie Roketslaaiblare

200g Kalamata olywe

2 eetlepels Kappertjies (capers)

Feta - soveel as wat jy wil

sout en peper na smaak


Slaaisous:

Die sap en fyngerasperde skil van een suurlemoen.

¼ Koppie olyfolie

1 Knoffelhuisie fyn gerasper

1 teelepel Oreganum

* Meng alles goed saam*


Metode

  • Kook die Pasta soos op die verpakking aangedui. (omtrent so 8 minute)
  • Dreineer en droog effens, gooi dadelik 2 eetlepels van die slaaisous oor die warm pasta.
  • Laat die pasta afkoel en voeg dan al die ander bestandele by.
  • Verkoel so rukkie in die yskas voor jy dit opdien.

IETSIE VARS

CLEMONGOLD®, LEMOEN & POMELO 🍊

Bestanddele

4 Naartjies

2 Lemoene

2 Pomelo's

25 Granaatpitte

4cm Vars Gemmer, geskil en fyn gekap.

4 eetlepels heuning

4-8 Mintblare


Metode

  • Sny die vrugte op en rangskik sorgvulidig op n bord, sprinkel enige van die oortollige sap oor die vrugte.
  • Strooi die granaatpitte bo-oor.
  • Meng die gemmer met die heuning en sprinkel bo-oor.
  • Versier met mintblare en n biekie sout na smaak.



Ietsie Vars

Waatlemoen, Komkommer en feta slaai

Betstanddele

'n Halwe waatlemoen in blokkies gesny

1 Hele komkommer in blokkies gesny

'n Halwe koppie vars mint opgekap

'n Halwe koppie Feta opgebreek

3 Eetlepels Dennepitte


Meng alles versigtig saam en geniet!

Bedien Met :

Heuning Slaaisousie

2 Eetlepels Heuning

2 Eetlepels Lemmetjiesap

2 Eetlepels Olyolie

Knippie sout

Fyngerasperde Lemmetjie skil

 


Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept