KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Souse, smere en pesto

Appelkoos-Harissa

  

Bestanddele

• 7 Gedroogte brandrissies

• So 100g gedroogte appelkoos

• 2 groot soetrissies wat in die oond gerooster is vir so 15 – 20 minute

• 2 Eetlepels tamatie puree

• 4 groot knoffelhuisies, geskil

• 1 teelepel karwysaad – gerooster en fyngemaal

• 2 teelepels fyn koriander

• 2 teelepels fyn komyn

• 1 teeleepel gerookte paprika

• ½ teelepel rooipeper

• sout

• Die sap van een groot suurlemoen

• 2 Eetlepels olyfolie  - hou eenkant vir later


Metode:

1. Sit die gedroogte rissies in kookwater en laat dit vir so 30 minute week totdat dit sag is. Doe nook dieselfde met die appelkoos. 

2. Verwyder die sade as jy sou wou.

3. Plaas die rissies en die res van die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk.

4. Terwyl die voedselverwerker aan is kan jy die olyolie stadig by die mengsel gooi.

Skep die Harissa in ‘n skoon glashouertjie en gooi ‘n lagie olyfolie bo-op, maak toe en bère in die yskas 

souse

"Bang Bang" sous

  

“Bang Bang”sous:

• 120ml (½ koppie) mayonnaise 

• 2 eetlepels “sweet chilli” sous 

• 1 Eetlepels Sriracha sous

• 1 teelepel heuning


Metode:


 Maak die “bang-bang” sous deur al die bestanddele van die sous saam te meng in ‘n bakkie  

Souse, smere en pestos

Quacamole - die eenvoudige ene

Bestanddele


• 2 Ryp avokadopere

• sout en peper na smaak

• ½  rooi-ui

• 1 rooi brandrissie

• Handvol vars koljander

• 4 baba-tamaties

• 1 lemmetjie


Metode

• Skep die avokado uit die skil en druk fyn met 'n vurk.

• Blits  die res van die bestandele  - behalwe die lemmetjie - in 'n voedselverwerker tot dit fyn is. (soos 'n salsa)

• Meng die avokadopeer met die "salsa" en druk die sap van die lemmetjie uit oor die mengsel en meng deur.

• Bedien met beskuitjies of tortilla-skyfies


Souse , smere en pestos

Appelliefie Blatjang

Bestanddele

  • 2 Eetlepels olie
  • 1 ui - fyn opgekap
  • 3 knoffelhuisies - gerasper
  • 1 Eetlepel vars gemmer - gerasper
  • 2 Groen brandrissies - opgesny
  • 2 teelepels mostersaad
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 4 kardemomsade - kneus hulle so bietjie
  • 1 teelepel borrie
  • 400g appelliefies
  • 1 suur appel - geskil en fyn opgesny
  • 50g rosyntjies 
  • 70g "Treacle sugar" (daai loperige donkerbruin suiker)
  • 100ml Rooibostee
  • 3 Eetlepels appelkooskonfyt
  • 80ml rooiwynasyn
  • 1 Eetlepel suurlemoensap
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Verhit die dolie in 'n potjie en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel , gemmer en die brandrissie by - braai vir nog so paar minute. voeg al die dspeserye by en braai vir nog 2 minute.
  2. Voeg nou die appelliefies en die res van die bestanddele by. Roer dit terwyl oor 'n matige hitte die suiker laat smelt. Moenie die mengsel laat kook voor die suiker nie gemelt het nie!
  3. Laat die mengsel dan rustig prut vir so 20 minute, sonder 'n deksel. Roer dit gereeld, dit sal begin dik word.
  4. Skep die warm bladjan in gesteriliseerde botteltjies en seel.

 

Souse, smere en Pestos

Basiliekruid pesto

 

Bestanddele

  • 2 koppies vars basilie blaartjies
  • 1/2 koppie olyfolie
  • 1/3 koppie gerasperde Parmesaanse kaas
  • 1/4 koppie geroosterde dennepitte
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1/4 teelepel sout
  • Sap van halwe suurlemoen
  • Swart peper na smaak

Metode

  • Plaas die basilie blaartjies, olyfolie, gerasperde Parmesaanse kaas, dennepitte, gekapte knoffel en sout in 'n voedselverwerker.
  • Meng al die bestanddele tot 'n gladde pasta.
  • Voeg swart peper na smaak by en meng goed.
  • Proe die sous en pas geurings aan indien nodig.
  • Bedien onmiddellik of berg op in 'n lugdigte houer in die yskas.

souse, smere en Pestos

Tzatziki

Bestanddele

1 groot Komkommer

1 teelepel sout

4 - 5 knoffelhuisies

1 teelepel witasyn

1 Eetlepel Olyfolie

2 Koppies griekse jogurt

sout en witpeper


Metode

  • Plaas 'n skoon afdroog- of melkdoek oor mengbak. Rasper die komkommer op die growwe kant van die rasper oor die doek.
  • Strooi die sout oor die komkommer en laat dit so rukkie staan, die sout sal die vog uit die komkommer trek.
  • Bind die doek in 'n netjiese bondel en druk die sap uit die komkommer. Gooi die sap weg.
  • Rasper die knoffel fyn. Kap die dille fyn. Gooi die knoffel en dille by die komkommer.
  • Meng die asyn, olyfolie en jogurt.
  • Meng by die komkommer en geur met sout en witpeper.

SOUSE, SMERE EN PESTO'S

CLEMONGOLD© SMEER 🍊

Bestanddele

100g Botter

220g Strooisuiker

2 Naartjies se sap en gerasperde skil

3 Groot eiers


Metode

  • Smelt die botter, suiker, sap en skil in die boonste deel van n dubbelkoker. Roer aanhoudend todat die suiker opgelos het.
  • Klits die eiers liggies en gooi deur n sif om van eninge lompe ontslae te raak. 
  • Gooi die warm Naartjiemengsel oor die eier, klop aanhoudend.
  • Plaas die mengsel terug oor die pruttende water en klop aanhoudend totdat dit glansend en dikker is en die agterkant van n hourlepel bedek.
  • Verwyder die kastrol van die hitte sodra dit begin dik word. Hou aan met klop tot dit effens begin afkoel. Skep die smeer in bottels terwyl dit nog warm is en verseël dadelik. dit kan tot twee maande in die yskas gehou word.
  • Dit maak 500ml

SOUSE, SMERE EN PESTO'S

Maklike Bloubessie Sous 🫐

Bestanddele

125 ml Suiker

10 ml Maizena©

Knippie sout

500 ml Vars of gevriesde Bloubessies

10 ml fyn gerasperde suurlemoenskil

15 ml Suurlemoensap


Metode

  • In 'n klein kastrolletjie, meng die suiker, Maizena© en sout.  Klits die  water geleidelik by tot die mengsel glad is. Roer oor n lae hitte sodat die suiker smelt. 
  • Voeg die Bessies, suurlemoensap en skil by. Laat dit kook oor n matige hitte en roer aanhoudend tot die mengsel effens verdik. Omtrent so 2-3 minute.

(sommige bessies sal heel bly)



Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept