Bestanddele
• 2 Koppies vars aarbeie deur die voedselverwerker fyn gemaak
• 1 Koppie strooisuiker
• 2 Koppies volroom-melk
• 2 koppies room
• 2 teelepels vanieljegeursel
• knippie sout
• 2 druppels rooi voedselkleursel
Metode
• Gooi die suiker by die vars aarbeie en laat dit vir so 15min staan. roer dit goed deur.
• Meng nou die aarbeie, melk, room, vanielje, sout en kleursel saam in die voedselverwerker. Net vir so 'n minuut.
• Gooi die mengsel in die roomysmasjien en volg die masjien se instruksies.
• skep die roomys in 'n bak en plaas in die vrieskas.
Bestanddele
• 1 kg Vars Aarbeie - fyn gemaak in die voedselverwerker
• 1 Eetlepel suiker
• knippie sout
• 1 teelepel vanieljegeursel
• 1 Blikkie kondensmelk
• 2 Koppies room
Metode
• Meng die Aarbeie met die suiker en knippie sout - laat dit vir so 15min staan - roer dit dan goed.
• Voeg die kondensmelk en die vanielje by die aarbeie en meng goed.
• Gooi die room is sy eie bak en klits met 'n elektriese klitser tot die room styf is ... omtrent so 3 minute.
• Vou die aabei-mengsel versigtig by die room in.
• Skep die mengsel in 'n bak waarin jy dit kan vries. Plaas 'n stukkie bakpapier bo-op die roomys voor jy dit in die vrieskas plaas... sal help as die bak ook 'n deksel het.
• Die mengsel moet omtrent 12 ure in die vrieskas wees voor jy dit bedien.
Bestanddele
Genoeg vir 1 liter - nie nodig vir 'n roomys-masjien nie maar ek beveel dit aan.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.