KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

ligte etes

Wortel Tarte Tatin

  

Bestanddele

•500g skilferdeeg

• 2 teelepels appelkoos harissa

• 650g wortels

• 50g gemengde neute

• 1 teelepel komynsade

• 1 Eetlepel olyfolie

• 3 Eetlepels esdoringstroop

• 35g botter


Sousie:

• Handjie vol vars koljander

• 1 knoffelhuisies fyngerasper

• fyngerasperde suurlemoenskil en 1 Eetlepel suurelmoensap

• 2 Eetlepel olyfolie


Metode

1. Voorverhit die oond op 220’C. Rol die skilferdeeg uit en smeer die een kant met Harissa.

2. Sny die wortels in die lengte in die helfte.

3. Plaas die wortels, komyn en olyfolie. Geur met sout en peper. Maak toe met foelie en bak in die oond vir 30 - 35 minute.

4. Maak die esdoringstroop en botter saam warm in ‘n oondvaste dikboompan. 

5. Rangskik die wortels netjies in een lagie in die pan, bo-op die botter en stroop.

6. Maak die wortels toe met die skilferdeeg, die harissa na onder.

7. Druk die deeg netjies vas teen die kant.

8. Verf die deeg met geklitste eier.

9. Bak in die oond vir 25 – 30 minute.

10. Keer die tert uit op ‘n opdien bord sodra dit uit die oond kom.

11. Meng alles vir die sousie en gooi dit bo-oor die tert.

Ligte Etes

Portobello met Botterboon

Bestanddele

• 4 Portobello sampioene

•  5 - 6 Knoffelhuisies ogekap

• 1 ui in wiggies gesny

• 1 Eetlepel gerasperde vars gemmer

• 2 rooibrandrissies - opgesny (met of sonder die sade)

• 2 teelepels komynsade

• 2 teelepels koljander

• 'n Pakkie tamatie puree (1 - 2 Eetlepels)

• 150 - 200ml olyfolie

• sout en peper


Metode 

• Voorverhit die oond op 180°C

• Voeg al die bestanddele in 'n oondvaste bak en pak die sampioene "onderste-bo" bo op die uie en ander bestanddele.

• Maak toe met foelie en bak in die oond vir 1 uur. Maak dan oop en draai die sampioene om en bak vir nog so 20 minute.

• Haal die sampioene uit en hou eenkant.

• Braai nou die "uie-mengsel" vir  so 10 minute en sny die sampioene in skywe.

 

Botterboon puree

• 'n Blikkie botterbone

• 1½ Eetlepel suurlemoensap

• 1 Eetlepel olyfolie

• sout en peper na smaak


Verwerk al die bestanddele vir die puree  in 'n voedselverwerker tot dit glad is. ( voeg so 2 Eetlepels water by indien nodig)

Maak die puree warm in 'n potjie op die stoofvir so 3 minute



Bedien op deur die botterboon puree op die bord te skep, dan die uie-mengsel en laastens di sampioene. Ek hou van so klein bietjie suurlemoensap bo-op.





Ligte Etes

Oosterse Hoender in Blaarslaai pakkies

Bestanddele

• 1 ½ teeleples olie

• 450g Hoender borsies - in klein blokkies gesny

• Bakkie- Blaarslaai wat die gereg kan hou 

• 5 klein sampioene - opgesny

• 2 knoffelhuisies - fyn opesny

• 1 duimgrootte stukkie vars gemmer - geskil en baie fyn opgesny

• 2 rooi rissies - opgesny 

• 3 Eetlepels Donker Soja-sous

• 1½ Eetlepel Esdoringstroop

• 1 Opgehoopte Eetlepel Opgehoopte sesam saad

• 3 Sprietuie - opgesny

• ekstra rissies vir garnering


Metode

1. Verhit die olie in 'n pan en braai die hoender vir so 5 - 6 minutetot goudbruin.

2. Was die blare en laat dit droog word.

3. Voeg die sampioene en wortels by die hoender en braai vir so 1 - 2 minute. 

4. Voeg dan die gemmer, knoffel en rissies by en braai vir nog so 1 - 2 minute.

5. Voeg die soja-sous en esdoringstroop en laat dit prut.

6. Skep die hoender mengsel in die blaarslaai-bakkies en sprinkel die sesamsaad, spriet uie en rissies oor die hoender en bedien.




Ligte Etes

Aspersie-en-ertjie Risotto

Bestanddele


• 1 Eetlepel olyfolie

• 1 ui geskil en opgesny

• 1 - 2 knoffelhuisies geskil en gerasper

• 150 g Arborio-rys

• 75 ml witwyn

• 600 ml hoenderaftreksel

• 30 g Parmesaan

• Die sap van 'n ½ suurlemoen

• Sout en peper na smaak 

• 6 - 12 aspersies - geknip 

• ½ koppie bevrore ertjies

• Handjie vol broccoli - opgesny 


Bedien met:

• vars suurlemoensap

• varsgemaalde swartpeper 

• Prosciutto - opsioneel 


Metode 

• Braai die uie in 'n pan met 1 Eetlepel olie vir so 5 minute.

• Voeg die knoffel by en roer-braai vir nog so 'n minuut.

• Voeg nou die rys by en roer totdat die rys goed ingemeng is.

• Voeg nou die wyn by en roer.

•Wag tot die wyn heeltemal geabsorbeer is - roer gereeld - en voeg dan die aftreksel by - een skeplepel om 'n keer. maak seker elke sepsel is goed geabsorbeer voor jy die volgende skep.

• Roer geduring.

•Jy behoort so 1 - 2 skepsels van die aftreksel oor te hê na so 15 minute. so teendie tyd kan jy die broccoli byvoeg. Roer en voegnog 'n skepsel aftreksel by.

• Na 3 - 4 minute kan jy die ertjies en die aspersies bysit saam met die laaste skepsel aftreksel.

•Die rys behoort nou so te sê gaar te wees - Proe  daaraan, dit behoort sag te wees maar nie pap nie.

• As die rys nog hard is kan jy so skepsel kookwater byvoeg en vir nog 'n minuut of twee kook oor 'n baie lae hitte.

• Voeg nou die parmasaan, suurlemoensap, sout en peper by.

• Roer goed deur en verwyder van die hitte. 

• Bedien met prosciutto en varsgemaalde swartpeper.


Ligte Etes

OndersteBo Tamatie en Kalamata-tert

Maak hierdie Mediterreense tert saam met jou volgende braai of vir 'n heerlike pienkiek - dit lyk indrukwekkend en dit is so vinnig en maklik om te maak.


Bestanddele


• 'n Pakkie winkel skilferdeeg

• 1 Eetlepel olyfolie

• 500g gemengde baba-tamaties 

• ½ rooi ui - dun gesny

• 2  teelepels 

• 100g Kalamata ontpit

• Vars tiemie  - so 3 - 4 stingels

• Lekker baie swart peper en knippie sout


Metode


  1. Voorverhit die oond op 180°C
  2. Gebruik 'n groot pan wat in die oond kan gaan en rol die deeg uit, sny 'n sirkel so groot soos die pan - maar met so ekstra 2 cm om die rand.
  3. Prik die deeg met 'n vurk en hou eenkant.
  4. Verhit die olie in 'n oondvaste-pan en braai die tamaties en uie vir so 2 minute oor matige hitte. Sprinkel die balsamiese -asyn oor die tamaties.
  5. Prut die mengsel vir so 8 minute om die sap te verminder.
  6. Haal van die hitte af en roer die olywe in, ook die tiemie-blaartjies en geur met lekker baie swartpeper en bietjie sout.
  7. Sit nou die deeg versigtig bo-op die gebraaide tamatie-mengsel.
  8. Druk die kante mooi in en bak vir so 20 minute tot goudbruin. Haal uit die oond en laat so bietjie afkoel voor jy die pan versigtig omkeer om die tert uit te keer op 'n voorsitbord.



Top Wenk 

• Rooi , oranje en geel tamaties lyk nou wel mooi, maar as jy net rooi tamaties het, moenie komkommer nie ! Dit sal nie die smaak beïnvloed nie.






Ligte etes

Tamatie-en-suurlemoen tert met Ricotta

Bestanddele

• 'n Pakkie gekoopte skilferdeeg - ontdooi

• 1 x eier

• 250g Ricotta-kaas

• 1 x suurlemoen

• Sout en peper na smaak

• Basiliekruid pesto om op te dien

• Vars Basiliekruid

• 500g ryp tamaties opgesny in wiele

• 3 Eetlepels olyfolie

• 1 Eetlepel suurlemoensap


Metode 

1. Voorveerhit die ood op 200°C. Rol die deeg uit en sny die hoekies af sodat jy 'n groot sirkel het.

2. Verf die deeg met 'n geklitsde eier.

3. Plaas op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.

4. Bak vir12 - 17 minute tot goudbruin. Laat dit effens afkoel.

5. Klits die Ricotta om dit effens donserig te maak, rasper die skil van die suurlemoen fyn en voeg by die kaas. Sout en peper na smaak.

6. In 'n ander bakkie kan jy die tamaties, olyfolie en suurlemoensap meng en dit ook geur met sout en peper.

7. Smeer nou die Ricotta-mengsel op die skilvferdeeg en pak dan die tamatie bo-op. 

8. Garneer met vars basiliekruid en pesto.


Hy loop mooi saam met 'n glasie van Tannie Woolies se Domaine Grier French Rosè. 'n Blote toevalligheid dat dit een van my gunsteling wyntjies is.

Ligte Etes

Thaise diepgebraaide blokkies-vark

Die resep maak jy sommer in 20 minute en dit is heerlik!


Bestanddele

  • 170ml meel
  • 1 Hoendereier
  • 1 teelepel knoffelsout
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • 90ml water
  • 2 Eetlepels mielieblom (maizena)
  • 500g Vark fillet in blokkies gesny
  • Sap van 2 ClemenGolds
  • 6 Eetlepels suiker
  • 5 eetlepels sojasous
  • 2 teelepels vars gerasperde gemmer
  • 2 gerasperde knoffelhuisies
  • 1 teelepel rys-asyn
  • 120ml olie vir braai

 Bedien op gekookte Basmatiese ry 

Garneer met opgekerfte brandrissie, sprietuie,sesamsaad en koljander



Metode

  1. Maak die deeg aan vir die vleisblokkies deur die meel, eier, knoffelsout, sout, peper en water saam te meng tot 'n gladde mengsel.
  2. Vryf die vleisblokkie in die mielieblom (maizena)
  3. Voeg nou die vleis by die deeg en meng dit goed deur.
  4. Maak die sojasous: meng die ClemenGold-sap, suiker, sojasous, gemmer, knoffel en rys-asyn
  5. Verhit die olie in 'n wok-pan oor matige hitte.
  6. Sodra die olie warm genoeg is kan jy die vleis begin braai. Sit die blokkies so een vir een op 'n slag in die pan. Moenie alles gelyk braai nie. Braai dit in kleiner hoeveelhede op 'n slag dan word dit lekker bros.
  7. Die vleis braai so vir 3 - 4 minute sodat dit nie oorgaar is nie. verwyder uit die pan sodra dit mooi goudbruin is. Dreineer op kombuispapier.
  8. Sodra jy kklaar is met die vleis kan jy versigtig die olie uit die pan gooi.
  9. Die pan terug op die hitte - voeg nou die sojasous-mengsel in die pan en laat dit stadig begin kook vir so paar minute.
  10. Ek voeg 'n mengsel van: 1 Eetlepel maizena opgelos in 3 Eetlepels water, by die sojasous sodat dit lekker dik word.
  11. Roer gereeld - voeg nou die Vark in die sous en roer versigtig deur.
  12. Sodra die vleis en die sous goed gemeng is kan jy die gereg opdien met dgekookte Basmatiese rys.
  13. Garneer na smaak met opgekerfte brandrissie, sprietuie, sesamsaad en vars koljander!



Ligte etes

Massaman Varknessies

Bestanddele

  • 2 Eetlepels olie
  • 3 Sprietuie - opgekerf
  • 1 - 2 Wortels - gerasper
  • 500g Gemaalde Varkvleis
  • 2 Eetlepels gerasperde vars gemmer
  • 80g Massaman-pasta
  • 1 Eetlepel Esdoringstroop
  • 1 Eetlepel Sojasous
  • 2 Eetlepels vars uitgedrukte lemmetjiesap
  • 125 ml water
  • "Bakkie blaarslaai"
  • 1 Brandrissie
  • Vars koljander
  • Lemmetjiesap en sojasous na smaak vir garnering


Metode

  1. Maak die olie warm in 'n pan en braai die sprietuie 2- 3 minute.
  2. Voeg die gerasperde wortel by en braai nog so minuut.
  3. Voeg nou die gemaalde varkvleis by en braai. Jy kan nou die gemmer-pasta en die massaman pasta inroer.
  4. Daarna kan die esdoring en sojasous bykom. Braai vir so 5 - 6 minute sodat al die geur saamkom.
  5. Voeg nou die lemmetjiesap en die water by - braai vir nog 5 - 6 minute.
  6. Bedien die vleis op blaarslaai wat bakkies vorm... enige soort sal eintlik werk.
  7. garneer met brandrissie, lemmetjiesap, sojasous en vars koljander.

Ligte etes

Onderstebo-Rooi-Ui-tert met Kalamata Olywe (Rooi-Ui-en-Olyf-Tarte Tatin)

Bestanddele

30 ml Botter

45ml Ligtebruin suiker

30ml Balsemiekasyn

2-3 Rooi Uie, geskil en ewe dik in 4 gesny (wiele)

1 Pakkie (200g) Kalamata Olywe

sout en peper na smaak

400g Skilfeerdeeg (ontdooi)

1 eier

Vars Kruie soos Roketslaaiblare of Bronkors (watercress)


Metode

  • Voorverhit die oond to 190°C.
  • Smet die botter in 'n 20cm oondvaste pan.
  • Voeg die suiker en balsemiekasyn by en roer tot die suiker smelt en effens verdik.
  • Plaas die uie in die stroop en kook vir so 5 minute.
  • Gooi die olywe by  en rangskik die mengsel netjies in die pan sodat die basis van die pan bedek is
  • Rol die skilferdeeg uit en sit dit bo-oor die uie-mengsel sodat al die uie en olywe bedek is.dit hoef nie te netjies te lyk nie, want jy keer die tert om wanneer dit gaar is.
  • Bak vir 25-30 minute.
  • Haal uit en laat vir so 5-7 minute afkoel.
  • Keer die tert uit op 'n mooi bord, strooi die vars kruie bo-oor.


Dit is n Heerlike voorgereg of ligte ete, versier dit selfs met Gorgonzola of Pecorino. Jy kan dit as 'n bygereg by Hoender of Vleis voorsit.



Ligte etes

Spanakopita

Bestanddele

200g Spinasie

2 eetlepels Olyfolie

½ ui

2 Baba-preie

2 Knoffelhuisies

2 - 3 Oreganum stingels (net die blare) of  1 teelepel gedroogte oreganum

1 Eetlepel gedroogte brandrissievlokkies

¼ koppie vars Dille

1 teelepel fyn gerasperde suurlemoenskil

1 Koppie feta kaas

2 Eetlepels Dennepitte

1 Eier

Sout en peper

½ teelepel neutmuskaat

1 Rol filodeeg

125ml gemelte botter

1 Eetlepel sesamsaad


Metode

  • In 'n groot kastrol bring water tot kookpunt en kook die spinasie met 'n bietjie sout tot dit verwelk het. Druk al die water uit die spinasie.
  • In 'n pan braai die ui, prei en knoffel saam in die olyfolie.
  • Voeg al die ander bestandele en die spinasie by die uie.
  • Verhit die oond op 180°C
  • rol die ontdooide filodeegvelle verigtig oop, wees versigtig dat jou deeg nie uitdroog nie, wanneer jy een vel afhaal om mee te werk moet jy die res met waspapier en 'n klam doek bedek.
  • Smeer 'n ronde oonpan of bak met botter.
  • Neem 1 filodeeglaag en plaas dit op 'n skoon werksoppervlak, verf die gesmelte botter aand ie filo met 'n kwassie.
  • Neem 'n eetlepel en skep die spinasie aan die lang kant van jou deegvel uit. Dit moet omtrent 2 cm dik wees, as dit te dik is sal dit moeilik vou.
  • Los so 1 cm aan die punte sonder vulsel.
  • Rol die filodeeg met die vulsel  mooi netjies en ferm op sodat jy 'n lang buisvormige deeg het met vulsel binne-in.
  • Herhaal met die res van die mengsel. Ek gebruik 2 en 'n ¾ velle met hierdie resep.
  • Plaas die eerste rol mooi aan die buitekant van jou 20cm pan, en las  dan die volgende een waar die eerste een eindig om 'n spiraal te vorm na die binnekant van die pan. Die laaste (korter) stukkie sal dan netjies in die middel pas.
  • Smeer die rol met botter en sprinkel met sesamsaad
  • Bak die rol vir so 25 - 30 minute.




ligte etes

Maklike Spinasie-tert

Bestanddele 

  • Een *Maklike Brosdeeg resep - ten minste 2 ure in yskas verkoel
  • 250g - 300g Babaspinasie
  • 6 groot eiers
  • ½ Koppie melk
  • 1 Koppie gekrummelde fetakaas
  • 1 Koppie fyngesnyde sprietuie
  • Sout en peper 
  • knippie neutmuskaat *optioneel
  • knippie paprika *optioneel

 

Metode

  • Rol die deeg uit om 'n groot sirkel te vorm. Omtrent 5cm groter as jou tertpan.
  • Lig die deeg versigtig om jou koekroller en plaas bo-oor 'n 22-25cm tertpan.
  • Druk die deeg versigtig met jou hande aan die bodem en kante vas.
  • Sny die oortollige deeg af en prik gaatjies aan die die bodem met 'n vurk.

 

Blind bak

Dit is wanneer die deegkors eers sonder die vulsel gebak word tot gedeeltelik of heeltemal gaar om 'n brosdop te verseker.

  • Sny 'n sirkel bakpapierwat groter as die pan is en sit dit bo-op die deeg neer. Strooi 'n laag droèbone oor die bakpapier.
  • Verkoel die tertdop in dieyskas terwyl die oond verhit op 220°C.
  • Sodra die oond warm is, bak die tertdop vir 15minute.
  • Haal die dop uit die oond en verwyder die bakpapier en bone. Bak vir nog 5 minute todat die basis ferm en ligbruin is.

 

  • Verlaag die oond na 180°C
  • Stoom die Spinasie vir 1 -2 minute en laat effens afkoel op kombuispapier.
  • Druk die oortollige water goed uit.
  • Klits die eiers en melk saam in 'n bak.
  • Voeg die spinasie, uie, feta, sout, peper, neutmuskaat en paprika by die eier
  • Giet die eiermengsel in die tertdop.
  • Bak vir so 40 - 50 minute - totdat die mengsel gestol het.
  • Laat vir so 10 minute afkoel voor jy die tert sny.

ligte etes

Maklike brosdeeg

Maklike Brosdeeg


Dit is absoluut die moeite werd om te leer hoe om lekker bros tertdeeg te maak!

Hierdie is my gunsteling resep en ek gebruik dit graag om al my tuisgebakte terte mee te maak.

As die blote gedagte om jou eie brosdeeg te maak jou panniekerig maak, dan het ek nét

die regte resep vir jou !

 

Bestanddele

(genoeg vir 2 terte - deeg kan 3 maande vries)

  • 333g Meel
  • ¾ teelepel sout
  • 280g Koue, ongesoute botter in blokkies gesny
  • 6 Eetlepels yswater
  • 1 teelepel appelasyn

   

Metode

  • Sit 200g van die meel en die sout in 'n voedselverwerker en meng goed
  • Plaas die botter-blokkies bo-op die meel, eweredig versprei.
  • Pols die botter en die meel todat dit goed gemeng is, daar moenie droé meel in die houer wees nie. 
  • Maak die mengsel gelyk en sprinkel die oorblywende meel eweredig bo-op.
  • Pols sodat die mengsel krummels vorm. 
  • Plaas die mengsel in 'n groot bak en sprinkel die yswater en appelasyn bo-op.
  • Gebruik 'n spatel om die deeg te vou en druk dit om 'n bal te vorm.
  • Verdeel die deeg in twee en draai beide met kleefplastiek toe.
  • Verkoel vir 2 ure in die yskas voor jy dit gebruik. Kan 2 dae in die yskas gehou word.
  • Rol die deeg uit soos nodig. 
  • As jy net een tert gaan maak kan die res van die deeg gevries word vir 3 maande.

Pasta en Soutgeregte

Tuna-makaronie

Bestanddele

  • 400g makaronie pasta
  • 3 Eetlepels botter
  • 1 ui geskil en opgekap
  • 40g gewone meel
  • 600ml melk
  • 250g sterk Cheddar kaas - gerasper
  • sout en peper na smaak
  • 320g tuna (geblik) .. as jy gelukkig is om vars tuna te kan gebruik doen dit gerus! (dreineer die blikkie-tuna)
  • 330g  (blikkie ) heel mielies
  • 150g (1 koppie) bevrore ertjies
  •  vars gekapte pietersielie om mee op te dien


Metode

  1. Voorverhit die oond op 180' C
  2. Kook die pasta in 'n groot pot water vir 10 minute
  3. Terwyl die pasta kook - smelt solank die botter in 'n pan en braai die uie vir so 6 - 8 minute op 'n lae hitte, sodat die uie lekker sag word.
  4. Verhoog die hitte in die pan so bietjie en roer die meel by. Kook vir so 1 - 2 minute. Voeg nou die melk stadig by terwyl jy dit met die hand klits.
  5. Sodra die melk mooi in gemeng is, roer die mengsel tot die sous verdik. Voeg nou 2 derdes van die kaas by en roer totdat die kaas smelt. geur met sout en peper.
  6. Dreineer die pasta en gooi in . 20 x 30 cm oondvaste bak.
  7. Gooi nou die sous oor die pasta, dan die tuna, mielies en ertjies.
  8. Meng alles saam in die bak en strooi die laaste kaas bo-oor.
  9. Bak in die oond vir 15 -20 minute tot die kaas mooi goudbruin is.
  10. Strooi die vars pietersielie oor voordat jy dit bedien.



pasta en soutgeregte

Hoender-en-roomkaastert

Kors

150g Soutbeskuitjies van jou keuse

50g botter gesmelt


Vulsel

250g Roomkaas

250ml room

2 eiers

200g oorskiet hoender, opgekap

50g sampioene opgekap 

3 sprietuie, gekap

Handvol Pietersielie en grasuie opgekap

50g Pecorino-kaas gerasper

Sout en swartpeper na smaak

50g Mozzarella-kaas 


Metode

  • Verhit die oond tot 200°C
  • Spuit 'n tertbak met kleefwerende kossproei.
  • Kap die beskuitjies in 'n voedselverwerker tot fyn.
  • Voeg die gesmelte botter by en meng goed
  • Skep die mengsel in die tertbak en druk dit goed vas.
  • Plaas in die yskas to benodig.
  • Plaas roomkaas, room en eiers in 'n mengbak en meng goed met 'n handklitser.
  • Voeg die hoenderstukke, sampioen, sprietuie, pietersielie, grasuie en Pecorino-kaas by.
  • Geur met sout en Swartpeper
  • Plaas die tertbak met die kors op 'n pakplaat en skep die hoendervulsel bo-op die kors.
  • Skeur die mozzarella oo en bak vir 30-45 minute to die tert gestol en goudbruin van kleur is. 
  • Laat effen afkoel en sit voor met 'n groenslaai

happies

falafel

Bestanddele

250g Droeë Kekerertjies

Halwe Rooi-ui opgekap

2-4 Knoffelhuisies

1 teelepel sout

1 teelepel swartpeper

1 teelepel komyn

1 teelepel kardemon poeier

1 teelepel rooipeper

1 Eetlepel Koljander

2 Eetlepels sesamsaad

¾ teelelpel Bakpoeier

2 koppies gemenge kruie - vars koljander, kruisement en pietersielie


Metode

  • ('n Dag voor die tyd) Week die kekerertjies oornag  in 'n groot bak met water. 
  • Plaas die kekerertjies met al die ander bestandele BEHALWE DIE BAKPOEIER EN SESAMSAAD in 'n voedselverwerker, puree tot die fyn mengsel, soos die van growwe papmeel.
  • Plaas die mengsel in 'n bak en seël dit goed. Hou dit in die yskas vir 'n uur of selfs langer
  • Mengdie bakpoeier en sesamsaad met 'n lepel in die falafel mengsel nèt voordat jy dit braai.
  • Maak die falafelballetjies, ongeveer so Eetlepel om 'n golfbal-grootte te vorm. 
  • Verhit die olie in 'n klein potjie tot dit liggies borrel. Plaas die falafelballetjies verigtig in die olie en braai dit vir 3 - 5 minute totdit goudbruin is. Moenie te veel falafels op 'n slag braai nie, eerder in kleinder groepies.
  • Dreineer op papierhanddoek.


Bedien met Hoemoes en slaai!





Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept