KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers
  • More
    • Tuis
    • Videos
    • Resepte
      • Ontbyt-kuiers
      • Die Brood-Lorrie 🚚
      • Ligte etes
      • Hoofgeregte #1
      • Hoofgeregte #2
      • Vars Slaaie
      • Huisie by die see
      • Potte-vol-Sop
      • Aftreksels
      • Braai en Bykosse
      • Happies en soutgeregte
      • SoetStories
      • Koekies- en Beskuitblik
      • Roomys
      • Souse, smere en Pestos
      • Drankies
      • Lugbraai
      • Kersfees
    • Stories
      • Webjoernaal en kletsblad
    • RECIPES
      • Breakfast Ideas
      • Pasta and Bread
      • Seafood
      • Curries and stews
      • Appetizers

KombuisStories

KombuisStoriesKombuisStoriesKombuisStories
  • Tuis
  • Videos
  • Resepte
    • Ontbyt-kuiers
    • Die Brood-Lorrie 🚚
    • Ligte etes
    • Hoofgeregte #1
    • Hoofgeregte #2
    • Vars Slaaie
    • Huisie by die see
    • Potte-vol-Sop
    • Aftreksels
    • Braai en Bykosse
    • Happies en soutgeregte
    • SoetStories
    • Koekies- en Beskuitblik
    • Roomys
    • Souse, smere en Pestos
    • Drankies
    • Lugbraai
    • Kersfees
  • Stories
    • Webjoernaal en kletsblad
  • RECIPES
    • Breakfast Ideas
    • Pasta and Bread
    • Seafood
    • Curries and stews
    • Appetizers

Soetstories

Peppermint Crisp Tert

  

  

Bestanddele 

• 1 liter vars room

• 2 blikkies karamel

• 4 peppermint crisps

• 2 Pakkies tennisbeskuitjies

Metode 

1. Klits die room styf

2. Klits die karamel om dit glad te maak en vou by die room in.

3. Kap die peppermint crisp fyn, vou die helfde van die sjokolade by die room. (die res gaan bo-oor gestrooi word)

4. Skep room, koekies, room, koekies, room en dan die peppermint crisp. Verkoel in die yskas vir so 30 min.

5. Boek 3 sessies by die gymnasium.

Sterkte !!!!!!

SoetStories

Crème Caramel en Sjokolade-Ringkoek

• 15ml gesmelte botter

• 60ml gekoopte karamelsous

Kaaskoekvla

Bestanddele

• 1 Blikkie (380g) ingedampte melk

• 1 Blikkie (385g) kondensmelk

• 170g mediumvet roomkaas

• 3 groot eiers

• 1 groot eierwit

• 10ml vanielje-geursel

• groot knyp seesout


Koekbeslag

•440ml Koekmeel

• 125ml kakao

• 5ml koeksoda

2.5ml bakpoeier

• groot knyp seesout

• 125g botter, kamertemperatuur

• 250ml ligtebruinsuiker

• 1 groot eier

• 1 groot eiergeel

• 330ml karringmelk


Metode

1. Voorverhit die op 170°C.


2. Smeer ‘n bundt-pan met die inhoudsmaat van 2 liter oraloor met botter en diet die die

karamelsous onderin die pan.

Maak die Kaaskoekvla:

3. Maak vooraf seker a;l die bestanddele is kamertemperatuur. Sit die bestanddele in ‘n

versapper en verwerk saam tot glad.(jy kan ook ‘n staafmenger vir die doel gebruik.)

4. Giet die gladde vla versigtig in die pan bo-op die karamelsous.

Maak die koekbeslag

5. Sif die droë bestanddele saam en hou eenkant. Klits die botter en suiker vir 5 minute tot lig

en romerig.

6. Voeg die eiergeel by die bottermengsel en klits weer. Voeg nou die karringmelk end ie droë

bestanddele om die beurt hierby en klits tot net gemeng.

7. Skep die mengsel versigtig bo-op die kaaskoekvla in die voorbereide pan.

8. Bedek die koek met ‘n gesmeerde vel foelie, en sit dit in ‘n groot oondbak. Giet

genoeg kookwater in die oondbak dat die pan halfpad daarin staan, en bak vir 1 uur

en 15min. Haal die koek uit die waterbad, laat dit afkoel en sit dit dan in die yskas tot

heeltemal koud. Diè stap is belangrik, want soos met crème caramel moet die

karamellaag stol voor jy die koek kan uitkeer, anders gaan dit breek.

Wenk

• Ek het klaar gekoopte karamelsous onderin die koekpan gebruik as afronding. Alternatief kan jy

125ml strooisuiker, 60ml kookwater en 3ml suurlemoensap saam in ‘n klein kastrol oor matige hitte

roer to al die suiker opgelos is end it kan kook, sonder omte roer, tot die suikerstroop ‘n goue

karamelkleur het hoe donkerder die kleur, hoe dieper is die karamelsmaak. Giet die karamel in die

ringpan soos aangedui in stap 1.

soetstories

*Ethiopian Coffee Amarula Tiramisu

  

Bestanddele

• 250ml room

• 250ml mascarpone

• 80ml caster sugar

• 80ml  Ethiopian coffee Amarula 


• 200ml coffee

• 50ml Ethiopian coffee Amarula

•200g finger biscuits

• 70g dark chocolate

Metode 

1. Klits die room styf in ‘n bakkie.

2. In ‘n tweede bakkie klits jy die mascarpone, suiker en 80ml Amarula saam.

3. Vou die room by die mascarpone mengsel.

4. In ‘n derde bakkie meng jy die koffie en die 50ml Amarula.

5. Dip die koekies vining in die koffie en pak op die bodem van ‘n opdienbak.

6. Smeer die helfde van die room oor die beskuitjies en rasper die helfde van die sjokolade oor die room. Herhaal met nog ‘n lagie beskuitjies, die res van die room end an weer sjokolade.

7. Verkoel in die yskas. 

Soetstories

LemoenKoek

  

Bestanddele

Koek

• 2.½ koppies meel

• 1.½ koppie suiker

• 1 koppie Suurroom of joghurt

• 4 eiers

• ½ koppie Lemoensap

• 230g sagte botter

• 2 Eetlepels fyngerasperde lemoenskil

• ½ teelepel koeksoda

• knippie sout

• 1 Eetlepel papawersaad

• 1 teelepel bakpoeier


Metode

1. Verhit die oond op 180°C

2. Spuit ‘n ringpan uit – ongeveer 25cm

3. Klits die suiker en botter saam tot lig en romerig.

4. Klits dan die eier een vir een by.

5. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en sout by.

6. Voeg die papawersade by en roer die mengsel goed deur.

7. Meng die lemoenskil, lemoensap en jogurth by die mengsel.

8. Skep die mengsel in die pan en bak vir so 60min tot die toetspen skoon uitkom (kleiner

pannetjies sal so 50min bak.)

9. Plaas die koek met die pan op ‘n draadrakkie om af te koel vir so 10min.

Lemoenstroop

• 45ml lemoensap

• 70g suiker


- Maak die suiker en sap saam warm in ‘n potjie tot die suiker gesmelt het. Haal dit van die

hitte af sodra dit begin kook.

- Sodra jy die koek uit die pan keer kan jy die stroop oorgooi.


Lemoenversiersuiker

• 3 – 4 Eetlepels versiersuiker – gesif

• 2 – 3 teelepels lemoensap

- Meng die twee bestanddele saam.

- Nadat jy die stropie oorgegooi het kan jy die versiersuiker oorgooi.

- Sprinkel ook nog papawersaad oor die koek!

Hierdie koek staan gewoonlik nie vir baie lank rond nie !!!

Soetstories

Malvapoeding met Amarula

  

Bestanddele

• 250ml strooisuiker

• 2 eiers

• 30ml Appelkooskonfyt

• 375ml bruismeel

• 5 ml koeksoda

• ‘n knippie sout

• 30ml botter

• 15ml asyn

• 200ml melk

SOUS

• 1 blikkie ingedampte mels

• 60ml botter

• 60ml bruinsuiker

• 60ml Amarula-roomlikeur


Metode 

1. Voorverhit die oond op 180°C.

2. Klits die strooisuiker en eiers saam tot lig en romerig. Klits die appelkooskonfyt by.

3. Vou die droëbestanddele en die melkmengsel om die beurt by die romerige eiermengselin. Giet dit in ‘n gesmeerde oondbak en bak sowat 45 minuteof tot ‘n toetspenskoon uitkom.

4. Sit intussen al die sousbestanddele in ‘n kastrol en roer tot die suiker opgelos is – moenie dat dit kook nie.

5. Prik die poeding met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die sous oor. Sit dit warm voor met roomys en vla.

Soetstories

Wortel-Kaaskoek

  

Met hierdie resep kombineer ek twee van my gunsteling koeke; Wortelkoek en Gebakte kaaskoek. Draaie van geurige wortelkoek en ryk romerige kaaskoek word saam gebak om hierdie pragtige bederf op jou bord te kry. Die koek is nie vreeslik soet nie en word afgerond met roomkaasversiesel en gekarameliseerde pekanneute.


Voorverhit die oond op 180°C 

Bestanddele

Wortelkoek-mengsel

•100g koekmeel

•60g nutty wheat

• 1 teelepel bakpoeier

• ½ teelepel koeksoda

• ½ teelepel sout

• 1½ teelepel kaneel

• 120ml olie

• 2 eiers

• 100g suiker

• 100g bruinsuiker

• 1 teelepel vanielje-geursel

• 150g gerasperde wortel

• 70g fyngekapte pekanneute 


Metode – wortelkoek

1. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda ,sout en kaneel bymekaar. Gooi dan die nutty wheat by.

2. Klits die olie, eier, suiker en vanielje bymekaar.

3. Meng die droeë bestanddele by die eiermengsel.

4. Roer die wortel en die neuter by. 

5. Hou eenkant vir later.


Kaaskoek-mengsel

• 450g roomkaas

• 70g bruinsuiker

• 66g suiker

• 60g suurroom

• 2 eiers

• 2 teelepels vanielje-geursel

• knippie sout


Metode – kaaskoek

1. Klits die roomkaas glad 

2. Klits die suiker by die roomkaas

3. Klits die suurroom by die roomkaas

4. Klits die eiers een vir een by die roomkaas

5. Klits die vanielje en die sout by.

•Voer ‘n ronde losboompan uit met waspapier. Dit kan ‘n 20cm of 23cm pan wees.

• Skep ⅓van die wortelkoekmengsel in die pan, gevolg deur van die wortelkoekmengsel in die pan, gevolg deur ⅓van die kaaskoekmengsel. Herhaal tot al die deeg in die pan is.

• Bak die koek vir 50min op 180°C

• Na 50min – sit die oond af, maak die deur van die oond oop en los die koek in die oond vir nog 20min.

• Na 20min kan jy die koek uit die oond haal en heeltemal laat afkoel. Moenie die ring van die pan oopmaak nie. Sodra die koek afgekoel het kan jy hom in die yskas sit vir 6 ure (netso in sy pan).


Roomkaasversiersel:

• 100g roomkaas

• 40g Botter

• 125g versiersuiker

• ½ teelepel vanielje-geursel


Metode 

1. Sif die versiersuiker. Klits dei botter, roomkaas en vanielje by die versiersuiker


Gekarameliseerde Pekanneute:

• 1 Eetlepel Botter

• 3 Eetlepels Suiker

• ½ koppie Pekanneute


Metode

1.  Smelt die suiker in die botter en karameliseer die neute. Verkoel en versier bo-op die roomkaasversiersel

Soetstories

Appeltert met Pink Lady appels

Bestanddele

• 250ml suiker

• 2 eiers

• 60ml melk

• 5 ml vanielje geursel

• 30ml gesmelte botter

• 250ml bruismeel

• knippie sout

• 5 vars appels of 385g blikkie tertappels


Sous 

• 1 blikkie ingedampte melk

• 250ml suiker


Metode

1. Voorverhit die oond op 180°C

2. Meng die suiker, eier, melk, vanielje en botter

3. Sif die meel en sout saam

4. Voeg die meel by die bottermengsel en meng liggies

5. Spuit ‘n 23cm tertbak

6. Gooi die mengsel in die bak

7. Pak die appels bo-op

8. Bak vir so 40 – 45 min


Sous 

1. Bring die ingedampte melk, suiker en tot kookpunt in ‘n klein kastrol – prut stadig tot die suiker gesmelt het.

2. Gooi die sous oor die tert sodra dit uit die oond kom.


Indien jy vars appels gebruik: (jy kan ook net ‘n blikkie tertappels gebruik)

1. Verwyder die kern van die appel en sny in wiggies.

2. Kook met halwe koppie bruinsuiker en 6 heel naeltjies. Kook tot appels sag is. Water af. So 10 minue behoortgenoeg te wees. Dreineer en hou eenkant tot jy dit kan gebruik

Soetstories

Neut en Sjokolade salami met skilferdeeg

 


Bestanddele

• 6 velle filodeeg

• 210g sjokolade opgekerf (100g donker, 60g melk, 50g wit)

• 200g gemengde neuter – opgekap

• 80ml gesmelte botter

• 80ml esdoringstroop of heuning


Metode

1. Voorverhit die oond op 180°C

2. Meng die opgekapte sjokolade en die opgekapte neuter met mekaar.

3. Verf die filodeeg-velle met die gesmelte botter. Sprinkel die esdoringstroop oor die deeg en strooi dan die sjokolade en neute ook oor.

4. Herhaal 5 keer.

5. Pak almal op mekaar.

6. Rol dit nou versigtig lekkers styf op en plaas op ‘n bakplaat met die “soom” na onder.

7. Verf nog botter bo-op.

8. Bak vir so 25 min tot goudbruin.

9. Laat afkoel en sny in porsies

10. Bestrooi met versiensuiker


Bedien met:

Vir die Gemmer gegeurde jogurt en mascarpone.

1. Klits 125 ml griekse jogurt, 45 ml opgesnyde gepreserveerde gemmer in stroop en 250ml marsarpone tot dit lig en donsig is.

Enige vars bessie of vrugte

soetstories

Melktert Soufflè en kaneelstokkie

  

Melktert Soufflè met kaneelstokkies

Vir jou soufflé bakkies: Smelt botter en borsel die kante en bodem van die soufflé bakkies daarmee. Sprinkel die bakkies nou met strooisuiker en skud die oortollige suiker uit. Plaas die bakkies in die yskas tot jy dit nodig het.

Kaneelstokkies

2 groot eierwitte

6 Eetlepels bruinsuiker

4 Eetlepels gesmelte botter

1 eetlepel water

1 teelepel vanielje

70g meel 

1 teelepel kakao

2 Eetlepels kaneel

3 Potlode

•Klits die eierwit en bruinsuiker saam, klits dan die gesmelte botter, water en vanielje by.

•Sif die kakao by en meng goed.

• Maak 5 x 11cm reghoekies op ‘n bakplaat (2 – 3 op ‘n slag)

•Bak vir 5 – 6 min by 180°C – Rol dadelik op die potloot. Na ‘n minuut behoort die tuile te set, borsel met ‘n kwassie bietjie kaneel oor.

Soufflè

500ml melk

1 Eetlepel Botter

1 Kaneelstokkie

1 eiergeel

5ml vanielje

50g suiker

1½ eetlepel meel

1½ meelblom

4 eierwitte

Knippie sout

2 Eetlepels suiker

2 Eetlepels kanneel

•Klits 2 Eetlepels melk, eiergeel, vanielje, 50g suiker, meel en meelblom saam tot glad.

• Verhit die res van die melk, botteer en kaneelstokkie tot dit kook en verwyder van die hitte – laat staan vir so 5 min. Haal die kaneelstokkie uit.

•Meng die melk stadig by die eiermengs el.

• Plaas die mengsel terug in die pot en verhit stadig – roer gedurig tot die mengsel dik word.

• Plaas waspapier bo-op sodat dit nie ‘n skil vorm nie.

•Klits die eierwit en knippie sout in skoon glasbak met elektriese klitser tot styf. Klits die suiker stadig by.

•Vou ‘n derde van die meringue by die melktert-mengsel. Vou dandie res van die Meringue by en verdeel in 4 bakkies. Bak op ‘n bakplaat vir 15 -18 min. Sprinkel met kaneel

Gelukkige melktertdag 27 Feberuarie 2024!

SoetStories

Ouma Nellie se Brandewyn tert ( Tipsie-tert)

Bestanddele

• 250 g Dadels

• 2 koppies meel

• 1 koppie kookwater

• 1 teelepel bakpoeier 

• 1 koppie suiker

• 1 eier - goed geklits

• 1 teelepel koeksoda

• 1 teelepel  sout

• 1 teelepel kanneel

• 1 teelepel gemmer

• 1 teelepel neutmuskaat

• 100 -150g  koppie gekapte okkerneute

• ¼ koppie botter



Metode

• Voorverhit die oond op 180°C

• Kerf die dadels op, voeg die koeksoda by en gooi die kookwater oor. Roer en laat dit afkoel. Maak dit fyn in 'n voedselverwerker.

•Voeg ook die neute en botter by die dadels en maak fyn in die voedselverwerker

• Voeg suiker, eier en sout by en meng goed. 

• Sif meel en bakpoeier, die kanneel, gemmer en neutmuskaat by.

• Bak ongeveer 20 minute.


Brandewynsous:


• Kook die volgende bestanddele vir 5 minute lank saam.


• 1½ koppie suiker 

• 1 koppie water

• 1 Eetlepel botter

Laat dit afkoel en voeg 'n ½ koppie Brandewyn by.

Gooi dan die stroop bo-oor die koek en bedien met styf geklopte room. 


SoetStories

Geroosterde Sumac-Aarbeie met Brandewynroom of Griekse jogurt

Brandewynroom

  • 250ml room of gewone jogurt
  • 15ml Brandewyn
  • 1 eetlepel strooisuiker

Metode

  1. Klop die room of yogurt, strooisuiker en brandewyn saam tot dit dik en glad is.
  2. Verkoel vir so 30 min.

Sumac-Aarbeie Bestanddele

• 600 g Aarbeie - die stingels afgesny en gehalveer

• 70 g versiersuiker

• 1 suurlemoen se sap

• 1½ eetlepels sumac

• 10 g kruisement

• ¼ teelepel vanielje-poeier of 1 vanieljepeul


Metode

  1. Voorverhit die oond op 180°C
  2. Meng die aarbeie met die suurlemoensap, sumac, kruisement en vanielje.
  3. Strooi die versiersuiker bo-oor en sit in die oond vir 15min. 
  4. Roer dit en sit dit vir nog so 15min in die oond.
  5. Haal uit die oond en laat afkoel tot by kamertemperatuur.
  6. Bedien met die room of jogurt.


SoetStories

Teekoekies met Bloedlemoenstroop

Bestanddele

Stroop:

  • 60ml Strooisuiker
  • 140ml Vars uitgedrukte bloedlemoensap


Teekoekies:

  • 100g Versiersuiker
  • 110g Botter
  • gerasperde skil van een bloedlemoen
  • 5ml Vanieljegeursel
  • 3 Eier gesekei
  • 120g meel
  • 2.5 ml Bakpoeier
  • knippie sout


Glasuur

  • 20ml Bloedlemoensap
  • 60g Gesifte versiersuiker

Metode

Stroop:

  1. Voeg al die bestandele in 'n potjie en kook dti oor matige hitte tot die suiker opgelos het. hou dit eenkant.

Teekoekies:

  1. Voorverhit die oond op 180*C
  2. Sprei jou pannetjies uit met kleefwerende sproei.
  3. Sif die droë bestanddele saam.
  4. Verroom die botter en die versiersuiker, voeg dan die vanielje en die eiergele by en klits goed.
  5. In 'n skoon bak - klits die eierwitte tot medium punte, voeg dan die suiker by en klits nog tot dit glanserig en syf is. Soos meringue.
  6. Vou die meringue nou by die botter mengsel - 'n skeppie op 'n slag.
  7. Vou dan die meel by die mengsel.
  8. Sit jou mengsel in 'n spuitsak en spuit die beslag in die pannetjies - ¾ vol.
  9. Bak vir ongeveer 15 minute.
  10. Keer die koekies op 'n draadrak uit en skep 20ml strroop in die pannetjie. Sit nou die koekie terug in die pannetjie sodat dti al die sous absorbeer.

Gasuur:

  1. Meng die versiersuiker en die sap tot 'n gladde smeer en glasuur die teekoekies sodra dit weer uit die  pannetjie is na ongeveer 5 - 10 minute



Soet stories

Appelliefie-wrongel in meringue en Brandewynroom

Bestanddele

Meringe:

  • 100g eierwitte 
  • 100g strooisuiker
  • 100g versiersuiker
  • 10g mielieblom (Maizena)

Metode

Voorverhit die oond op 110*C

  1. Klits die eierwitte tot taamlik styf en begin dan om die strooisuiker baie stadig by te voeg terwyl dit eiers nog klits. so 3 - 4 minute
  2. Sodra al die strooisuiker in is, kan jy die mielieblom en die versiersuiker bietjie vir bietjie bysif terwyl die eierwit nog klits.
  3. Klits nou op baie hoë spoed vir so 4 - 5 minutetot die meringue styf genoeg is om in 'n spuitsak te skep.
  4. Spuit 'n bakplaat met kleefweerende sproei, skep die meringue in 'n spuitsak, met 'n groot sterpunt.
  5. Spuit 6 groot sirkels met die meringue, maak seker daar is spasie tussen hulle.
  6. Gebruik 'n eetlepel en maak 'n holte in die middel om 'n klein nessie te vorm.
  7. Spuit die res van die meringue om die randte van die sirkels ... of maak mini skuimpies.
  8. Bak die meringues vir 'n uur ... sit die oond af en laat dit heeltemal afkoel. Dit behoort baie maklik van die plaat of op te lig.


Appelliefie wrongel (curd)

  • 300g Appelliefies
  • 2 Eetlepels water
  • 100g suiker
  • 10g mielieblom (maizena)
  • 50ml water
  • 50g eiergeel (omtrent so 4 eiers)
  • 25g botter

Metode

  1. Kook die Appelliefies en die 2 eetlepels water in 'n klein potjie op die stoof. Omtrent so 10 - 15 minute tot dit sag is.
  2. Verpulp die Appelliefies en gooi dit deur 'n sif om dit glad te kry en die saadjies te verwyder.
  3. Voeg 150g van die pulp t3erug in 'n skoon potjie en voeg die suiker by en kook op matige hitte vir so 3 - 4 minute tot dit begin om te borrel.
  4. Meng die mielieblom en water in 'n klein bakkie sodat dit oplos.
  5. Voeg die mielieblom mengsel by die appelliefies en kook vir so 5 -10 minute terwyl jy dit gedurig klits. Dit behoort taamlik dik te raak.
  6. Verwyder van die hitte en klits die eiergeel by die mengsel.
  7. Voeg die botter by terwyl jy heeltyd klits en  die botter gesmelt het.
  8. Gooi in gesteriliseerde botteltjie, seël en laat die botteltjie onderste-bo staan tot dit heeltemal afgekoel het voor jy dit in die yskas sit.


Brandewynroom

  • 250ml room of gewone jogurt
  • 15ml Brandewyn
  • 1 eetlepel strooisuiker

Metode

  1. Klop die room of yogurt, strooisuiker en brandewyn saam tot dit dik en glad is.
  2. Verkoel vir so 30 min.

Opdien

  1. Skep die wrongel in die merinue "nessies".
  2. Skep die room bo-op die wrongel en bedien met vars Appelliefies.


Soetstories

ClemenGold meringue

Bestanddele

  • 200g Tennis beskuitjies
  • 125g Botter gesmeek
  • 385g Blikkie kondensmelk
  • 4 eiers
  • 125ml ClemenGold sap
  • ½ Kremetart (Cream of Tartar)
  • ½ koppie suiker 

Metode

  1. Voorverhit die oond op 180*C
  2. Maak die beskuitjies fyn en meng dit met die gesmelte botter.
  3. Druk die koekiekrummels op die bodem en lanks die kante van 'n losboomkoekpan met deursnee van 22cm.
  4. Meng die kondensmelk en die Naartjie-sap in bakkie.
  5. Klits die eiergele by die kondensmelkmengsel.
  6. Giet die mengsel oor die tertkors en bak vir 15 minute. Haal uit die oond..
  7. Klits die eierwitte tot styf. 
  8. Voeg die suiker stadig bietjie vir bietjie by, asook die Kremetart, terwyl aanhoudend geklits word tot glansend en styf.
  9. Skep die meringue bo-op die vulsel en vorm punte - ek het 'n spuitsak gebruik.
  10. Bak weer vir 8 - 10 minute tot 'n ligte goudbruinkleur bo-op verkry is.
  11. Laat afkoel en sit voor.

Soetstories

Gebakte Peer en Bloukaas

Bestanddele

2 of 4  Pere (ek het hier "Chinese white pear" gebruik, maar gebruik wat jy het) ontkern en gehalveer

Bloukaas

Okkerneute

Dennepitte

Pistasieneute

Heuning

Griekse jogurt


Metode

  • Voorverhit die oond op 180°C
  • Pak die pere, gesnyde kante na bo, in 'n oondbakkie
  • Vul die holtes van die pere met die kaas, dennepitte en neute
  • Bak vir so 30 - 40 minute (of tot die pere sag is)
  • Haal uit die oond en bedruip met heuning en Griekse jogurt -bedien warm 

soetstories

OndersteBo Bloubessie en Suurlemoen-koek

Bestanddele

Bloubessie Bolaag

2 Koppies Bloubessies

160 ml Suiker

3 Eetlepels Botter

3 Eetlepels Suurelmoensap


Koekbeslag

300 ml Koekmeel

125 ml Polenta of Mieliemeel

1 teelepel Bakpoeier

½ teelepel Sout

160 ml olie

250 ml Ligte Bruinsuiker

2 Groot eiers

2 teelepels fyn gerasperde Suurlemoenskil

1 teelepel Vanielje-ekstrak

180 ml Volroom melk

60 ml Karringmelk


Garnering

1 Koppie  Room

2 Eetlepels versiersuiker

¼ Koppie vars Bloubessies



Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer 'n 23 cm ronde koekpan.
  2. Oor n lae hitte: smelt die botter, suiker en suurlemoensap saam tot die suiker gesmelt is. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel, roer dan die 2 koppies bloubessies by.
  3. Plaas die bloubessie-mengsel op die bodem van die voorbereide koekpan.
  4. Sif die Koekmeel, Mieliemeel, bakpoeier en sout saam.
  5. In 'n mengbak, klits die olie en suiker saam, voeg die eier by en klits tot lig en donserig. Omtrent 3-4 minute.
  6. Voeg die vanilje en suurlemoenskil by die eiermengsel.
  7. Roer die melk en karringmelk by die eiermengsel.
  8. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng deur.
  9. Skep die deeg versigtig bo-op die bessies en maak die deeg gelyk met die dagterkant van n lepel.
  10. Bak die koek vir ongeveel 50min, of tot 'n toetspen skoon uitkom.
  11. Laat die koek eers effens in die pan afkoel en keer dit dan uit op n koekbord. 
  12. Voeg die vesiersuiker by die room en klits dit styf met n handklitser.
  13. Smeer die room bo-oor die koek en strooi die bessies oor.


Soetstories

ClemenGold© Crème Brûlèe met ClemenGold-suiker

Bestanddele vir die Brûlèe

625 ml Vars Room

1 Kaneelstokkie

fyn gerasperde skil van 1 ClemenGold©

70g Strooisuiker

1 Vanieljepeul of 5 ml vanielje-ekstrak

4 Groot eiergele


ClemenGold-Suiker©

Fyn gerstperde skil van 2 ClemenGolds©

50g Stooisuiker


Metode

  • Plaas die room in 'n kastrol oor lae hitte. Sny die vanieljepeul in die lengte oop met 'n skerp messie enskraap die saadjies uit. Voeg die saadjies en die peul by die room in die kastrol. Verhit die room tot net onder kookpunt en haal dit dvan die plaat af. Voorverhit die oond 180°C.
  • Skei die eiers - jy gaan net die eiergele gebruik. (Gebruik die eierwitte om n pavlova te maak.)
  • Klits die eiergele en die strooisuiker saam tot lig en donsig. Die mengsel sal dikker word en ligter in kleur asjy dit langer klits.
  • Haal die vanieljepeul uit die room en voeg die room by die geklitste eiergeel terwyl jy aanhoudend klits.
  • Giet die mengsel deur 'n sif in ramekins. sit die ramekins in 'n oondpan en vul die pan dmet warm water tot halfpad teen die ramekin op.
  • Bak dit vir 20-25 minute, afhangende van die grootte van die ramekins. Die crème brûlèe moet die tekstuur van jellie hê. As die crème brûlèe te lank bak sal dit skif.
  • Laat dit afkoel tot kamertemperatuur, bedek met kleefplastiek en sitin die yskas sodat dit verter stol.

Vir die Suiker

  • Meng die fyn gerasperde skil en suiker en plaas in 'n lugdigte houer totdat dit benodig word om bo-oor die crème brûlèe te strooi.
  • Strooi 'n lagie ddsuiker oor die crème brûlèe, en gebruik 'n blaasvlam om die suiker te karamelliseer tot 'n ligte karamelkleur; dit kan ook onder 'n oond se roosterelement gedoen word.

Die resep lewer so 6 porsies.



Soetstories

Bloubessie en Suurlemoen Mousse-koek

Bestanddele

Kors

Spuit die pan met kleefwerende kossproei.

1 Pakkie (200g) Tennisbeskuitjies - ek het die *nuwe* suurlemoengeur een gebruik.

125ml gesmelte botter.


Mousse

2 Koppies Bloubessies

2 Eetlepels Suurlemoensap

2 teelepels Fyn gerasperde suurlemoenskil

2 teelepels ongegeurde gelatien

2 ½ Koppies witsjokolade splinters

3 Koppies Room (verdeel in 1 en 2 Koppies)

½ Koppie Versiersuiker


Bo-laag

*Kry die resep vir MAKLIKE BLOUBESSIE SOUS onder #souse-en-pesto's.




Soetstories

MalvaPoeding met ClemenGold®

Bestanddele

1 Koppie Strooisuiker

2 eiers

1 Eetlepel Appelkooskonfyt

300 ml Koekmeel

1 teelepel koeksoda

5ml sout

2 eetlepels Botter

1 Eetlepel witasyn

125ml ClemenGold® vars uitgedrukte sap

3  van die ClemenGold® se fyngerasperde skil (zest)


Sous

1 Koppie Room

125ml Botter

125ml strooisuiker

60ml ClemenGold® sap

60ml water

2 teelepels vanieljegeursel


Metode

  • Voorverhit die oond op 180°C
  • Verroom die suiker, botter, eier en konfyt saam, tot dit lig en donsig is.
  • Meng die asyn, skil en sap saam. Roer die koeksoda en sout by en voeg die sap by die bottermengsel. Meng goed.
  • Sif die meel by die natbestandele en meng goed.
  • Gooi die beslag in n goed gesmeerde bak.
  • Bak vir 30min tot goudbruin.
  • SOUS: Terwyl die poeding bak kan jy solank die sous maak. Deur al die bestandele saam te smelt in 'n kastrolletjie totdat die suiker gesmelt het. Roer aanhoudend.
  • Sodra die poeding uit die oond kom kan jy die warm sous bo-oor gooi.
  • Bedien warm met vla, vars  ClemenGold® en ROOMYS!



Copyright © 2025 KombuisStories - All Rights Reserved.

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept